Doel van die skool
Laerskool Randhart het ten doel die ontwikkeling van die totale leerder tot eer van God op alle lewensterreine, onder andere, die godsdienstige, sedelike, verstandelike, estetiese, sosiale en fisiese.
Ontstaan
Op 8 Januarie 1973 is die Randhart Primêre Skool nie-amptelik in gebruik geneem. Op 22 Februarie 1974 is die amptelike ingebruikneming van die skool deur Dr. A. L. Kotzé, die destydse Direkteur van Onderwys, Transvaal, waargeneem.
Skoolwapen en leuse
Die wapen stel die "Drie Eenheid" voor. Elke punt simboliseer die volgende: Glo in God, jouself en jou land. Die kol in die middel stel die kerngedagte van geloof voor wat die skool as Christelike inrigting aan sy leerders moet oordra.
Leuse : Ons glo
Missie
Die voorsiening van voorgeskrewe totaliteitsopvoeding aan die leerders wat tot maksimum individuele potensiaalverwesenliking sal lei.
Vereistes
Enige leerder wat bereid is om onderrig te word in Afrikaans as voertaal word tot die skool toegelaat.
Die Christelike karakter van die skool moet onderskryf word.
Die Afrikaanse karakter (taal en gebruik) van die skool moet uitgeleef word.
Daar moet aktief en gebalanseerd aan die skoolbedrywighede deelgeneem word.
Skooleiendom, toerusting en boeke moet met groot sorg hanteer en opgepas word.
Die dissiplinêre- en gedragskode van die skool moet onderskryf word.
Die ouderdom van die leerder mag nie meer as drie ouderdomsjare van die gemiddelde graadouderdom afwyk nie.
Voorgeskrewe skoolgelde moet stiptelik betaal word.
Registrasie by toelating is verpligtend vir alle leerders.
'n Gesertifiseerde afskrif van 'n leerder se geboortesertifikaat en kliniekkaart moet tydens registrasie ingehandig word.