POA

3 Bed House in Jan Kempdorp

1042 thys burger

3 3 1259 m²

Die lieflike lae onderhoud woning is in ''n puik kondisie en ''n lus vir die oog.

Die tuin is gevestig en die grasperk lieflik groen na die eerste reens.

''n Boorgat en besproeiing maak tuinmaak maklik en is daar ook ''n Jojo tenk en drukpomp ingesluit by die koop.

Die huis is ten volle omhein en is daar ook ''n alarmstelsel wat oorgeneem kan word (Shaka sekuriteit)

Die huis het ''n dubbel motorhuis met toegang direk in die huis by die kombuis.

Twee toegangshekke (tweede by kombuis met ''n netjiese afdak)

''n Klein swembad bied welkome lafenis vir die warm Noord Kaapse somers.

Kom ons stap deur die huis. By die voordeur is ''n veilige stoep sodat die voordeur oopgelaat kan word.

Die huis het ruim leefareas (drie). ''n Tv Kamer asook eetkamer by die kombuis en ''n klein kantoorarea.

Daar is ook uit die leefareas ''n veilige stoeparea waar daar gebraai kan word terwyl die kinders in die swembad baljaar.

Die kombuis is oopplan met die leefareas en het netjiese ingeboude kaste en oondhoogte oond . (let wel die gasstoof is nie deel van die koop nie). Aangrensend tot die kombuis is die opwas met genoeg plek vir skottelgoedwasser en wasmasjien.

Onder die trappe is daar ''n stoorgedeelte vir daardie los item.

3 lugversorgers (een onder en twee in die kamers)

Op die onderste vlak is ''n gaste toilet en wasbak.

Die trappe lei na bo waar daar twee vol badkamers is (die hoofslaapkamer is en-suite)

Die drie kamers is lieflik ruim met ingeboude kaste en twee kamers het deure na die boonste balkom wat ''n lieflike uitsig het.

Die gang bo by die kamers het oorgenoeg kaste vir linne.

''n Lieflike leefhuis en onthaal huis.

Buite is ''n stoorkamertje en ''n buite toilet.

Moenie die lieflike eiendom mis nie !

Gratis pre kwalifikasies vir finansierings kopers.

Ek wag vir jou oproep

Property details

  • Listing number T4379507
  • Property type House
  • Erf size 1259 m²

Property features

  • Bedrooms 3
  • Bathrooms 3
  • Lounges 1
  • Dining Areas 1
  • Garages 2
  • Pet Friendly
  • Balcony
  • Laundry
  • Patio
  • Pool
  • Security Post
  • Study

Photo gallery

>