R 1 650 000
calculate bond costs

1496 ha Farm in Springbok

bok puts
1496 ha

Pragtige Boesmanlandplaas!!!. LIGGING: Ongeveer 100km vanaf Springbok op die R 355, en so 6km vanaf die hoofpad - dus is dit baie privaat gelee. ESKOM lyn is ongeveer 4 km vanaf die plaas. Daar is selfoon sein op groot gedeeltes van die plaas.

Die plaas is omhein met jakkalsproef draad ( het aandag nodig). Dit is ook verdeel in 5 kampe. ,n Windpomp met boorgat en dam voorsien die kampe van goeie drinkwater.

Die veld is baie goed opgepas en bestaan uit bossiesveld en gras (gelyk gedeeltes / sand / geen berge). Daar is n gebou met 2 vertrekke wat baie maklik in n woon-eenheid omskep kan word. Die area is baie bekend vir sy blommeprag gedurende die reenseisoen - met die baie bekende gousblom wat algemeen bekend is in die Boesmanland. Die area kry hoofsaaklik gedurende somer reen (vanaf November tot Maart. Aangesien dit op die grens is van Boesmanland en Namakwaland, is reenval gedurende die winter ook n groot moontlikheid. Dorpe naby die plaas sluit in Garies en Kliprand. Baie goed geprys om boerdery uit te brei of om te gebruik vir n wegbreek-plek gedurende vakansie seisoene waar jy beslis rus en vrede gaan ervaar.

Property details

  • Listing number T4431614
  • Property type Farm
  • Erf size 1496 ha

Property features

  • Storage

Photo gallery

>