Hurter Spies Inc

Hurter Spies Inc. is a law firm specialising in property law and civil rights issues. Our offices are situated in the AfriForum Building, 58 Union Ave, Kloofsig, Centurion.

Hurter Spies Ing. is op 1 April 2008 gestig toe Willie Spies, wat op daardie stadium 'n parlementslid was en Johan Hurter wat tot op daardie stadium die senior vennoot in die bekende firma Van Zyl le Roux en Hurter was, besluit het om 'n nuwe regsfirma in die Noorde van Pretoria te stig.

Die firma het vining naam gemaak met 'n suksesvolle aansoek na die Noord Gauteng Hooggeregshof sowel as die Konstitusionele Hof in Februarie 2009 om te verseker dat Suid-Afrikaners wat uitgewyk het na die buiteland met behoud van hulle burgerskap, steeds kan stem in nasionale verkiesings.

Sedert Augustus 2009 tree die firma gereeld en op 'n deurlopende basis namens AfriForum op in 'n verskeidenheid burgerregte hofaksies.

Van die firma se suksesvolle litigasie sluit in:

Die haatspraak geding teen Julius Malema;

Die afdwinging van 'n internasionale geregshof se beslissing ten gunste van wit boere wat in Zimbabwe van hulle grond ontneem is, in Suid-Afrikaanse howe;

Die voortdurende regstryd oor Pretoria se naam en die name van historiese strate in die stad;

Die hersiening van 'n korrupte kontrak van die Tshwane Metroraad vir die voorsiening van voorafbetaalde kragmeters; en

Gereelde aksies namens belastingbetalers teen disfunksionele munisipaliteite.

In Augustus 2014 het Werner Human en Tertius Kruger as direkteure by die firma aangesluit en hulle word bygestaan deur nog 'n prokureur Louis Taljard.

 

Our Location

First Floor AfriForum Building Cnr DF Malan and Union Ave Kloofsig Centurion

Contact Us

Send Message
Sending Message...
;