Lobelia Eiendomme Lobelia Eiendomme


Contact Office

731 Ifafa Leeupoort

Residential Property For Sale

Agents

About Lobelia Eiendomme

Veilig aan die voet van die Bosshoffsberge lê Leeupoortvakansiedorp in die mooiste bosveld van ons land, skuins tussen Warmbad en Thabazimbi. Die uitstekende ligging van die dorp, slegs een en 'n driekwart uur se ry vanaf Pretoria en twee 'n half uur vanaf Johannesburg, maak dit 'n ideale en unieke woonplek vir 'n vakansiehuis of aftrede. Leeupoortvakansiedorp is 'n tuiste vir 39 soorte soogdiere, 175 soorte voëls en 94 boomspesies. Geen honde of heinings word toegelaat nie, sodat die wild vrye en ongehinderde toegang tot die hele dorp en plaas het. Die plaas self is wildwerend omhein en is basies 823ha groot.

Die dorp bestaan uit ongeveer 1100 voltitel erwe en val onder die jurisdiksie van Thabazimbi Munisipaliteit. Eiendomsbelasting word normaal gehef en heffings (levies) is gelukkig onbekend. Ongeveer 700 huise is reeds gebou.

Na raming word 230 wonings voltyds bewoon en mense hou hulleself besig deur verskeie aksies en tydverdrywe soos stap, fietsry, boomkenuitstappies, swem, jukskei, biblioteek, houtwerk en natuurlik vleisbraai. Die plaaslike restaurant is ook baie gewild.

Omdat die dorp afgesonderd, wildwerend omhein is en die In- en Uitgang bewaak word, is misdaad minimaal en ernstige misdaad onbekend. Hier speel en loop die kinders nog alleen in die strate.

Kom en koop nou u eie erf of eiendom in die bosveld van Leeupoort vakansie dorp waar die aangename klimaat en tipiese Afrika omgewing jou terugvoer na wat behoort te wees.