2 Bed Apartment in Montana Tuine

2 1 1 56

Hierdie intrek-en-woon opgegradeerde rolstoelvriendelike, tweeslaapkamer, een badkamer eenheid is geleë op die derde verdieping, in ''n hoek.

Die Twee Riviere Aftreeoord het 24 uur toegangsbeheer, wagte en ''n waghuis en is geleë naby hoofroetes, winkelsentrums, dokters en die Netcare Montana Hospitaal.

Die eenheid bied ''n oopplan-kombuis en -leefarea met balkon en ''n motorafdak. Die kombuis is toegerus met ekstra kaste en bied dus meer pakplek. Daar is ook plek vir ''n enkel yskas in die kombuis.

Daar is ook veilige onder-dak parkering vir die eenheid, en genoeg besoekers parkering.

Die aftreesentrum maak voorsiening vir verswakte sorg, noodverpleegfasiliteite, Alzheimer-bystand, ''n paniekknoppie, ''n kliniek en dokterskamers. Dit spog ook met ''n eetsaal Biblioteek Haarsalon Bus na die winkels Kerkdiens Bybelstudie Wasgoeddiens en ''n snoepie en die Nuusbrief sal jou op hoogte hou.

Aktiwiteite soos ''n pretdraf, handgemaakte en vars produkte mark, Kuns en kunsvlyt, Rummicub, Bingo en Jukskei, Kooroefeninge, fiksheid en spierkondisionering oefengroep verseker dat jy altyd met ander mense sosialiseer.

Voordat jy toegelaat sal word om in hierdie aftreeoord te bly, sal die Landgoedmatrone besoek moet word vir ''n gesondheidsondersoek.

Om die oord in so ''n goed versorgde toestand te hou, is daar ''n 2% inkoop heffing.

Kontak my gerus vir meer inligting of om ''n besigtiging van hierdie lieflike aftree-woonstel te reël.

Property details

  • Listing number T4541735
  • Property type Apartment
  • Floor size 56 m²
  • Rates and taxes R 339
  • Levies R 1 768

Property features

  • Bedrooms 2
  • Bathrooms 1
  • Covered Parkings 1

Photo gallery

>