Back
Menu
5 Bed House in Kranspoort photo number 1
5 Bed House in Kranspoort photo number 2
5 Bed House in Kranspoort photo number 3
5 Bed House in Kranspoort photo number 4
5 Bed House in Kranspoort photo number 5
5 Bed House in Kranspoort photo number 6
5 Bed House in Kranspoort photo number 7
5 Bed House in Kranspoort photo number 8
5 Bed House in Kranspoort photo number 9
5 Bed House in Kranspoort photo number 10
5 Bed House in Kranspoort photo number 11
5 Bed House in Kranspoort photo number 12
5 Bed House in Kranspoort photo number 13
5 Bed House in Kranspoort photo number 14
5 Bed House in Kranspoort photo number 15
5 Bed House in Kranspoort photo number 16
5 Bed House in Kranspoort photo number 17
5 Bed House in Kranspoort photo number 18
5 Bed House in Kranspoort photo number 19
5 Bed House in Kranspoort photo number 20
5 Bed House in Kranspoort photo number 21
5 Bed House in Kranspoort photo number 22
5 Bed House in Kranspoort photo number 23
5 Bed House in Kranspoort photo number 24
5 Bed House in Kranspoort photo number 25
5 Bed House in Kranspoort photo number 26
5 Bed House in Kranspoort photo number 27
5 Bed House in Kranspoort photo number 28
5 Bed House in Kranspoort photo number 29
5 Bed House in Kranspoort photo number 30

5 Bed House in Kranspoort

R 3 975 000

5 Beds
3.5 Baths
3 Garages
Floor Area 340 m² Land Area 1164 m² Rates R 1400 Levy R 1320

Is net die heel beste goed genoeg vir jou? Hierdie huis is beslis dan jou finale keuse- vandat jy daar stop en die rondom jou kyk- besef jy opgewonde.dis die een! Die eiendom bied alles waaroor jy net kan droom. Die uitleg is uitstekend beplan en is dit n heerlike kuierhuis met baie ekstras. Die hele huis, asook die woonstel getuig van smaakvolle afwerking, perfeksie en gerief. Die groot oopplan TV-/ eetkamer het aan twee kante groot opvoudeure wat op die kuierstoep met n gerieflike binne braai uitloop, sowel as op die sprankel swembad en boma area. Daar is n groot lugversorger in die vertrek asook n kaggel wat weer tydens die wintermaande waardeer sal word. Die shutters voor al die deure en vensters verseker baie lig, ekstra sekuriteit, asook maklike skoonmaak en die grootste voordeel is die tuin wat naatloos deel word van die leefruimte binne die huis, ongeag of jy in die kamers of leefarea is.

Die moderne oopplan kombuis het baie kaste, n pragtige ontbytblad asook granietblaaie. Maar die groot Smegg gasstoof, met die elektriese oond is enige kok se droom! Die opwaskamer is slim uit die oog geplaas en bied dit ook direkte toegang vanaf die motorhuis na die huis vir beide gemak en veiligheid Daar is drie ruim slaapkamers in die huis waarvan twee direkte toegang tot die privaat kuierarea en tuin bied. Die derde slaapkamer word tans as studeer/ naaldwerkkamer gebruik en spog dit met n unieke, doelgemaakte kas, wat baie slim breplek aan al die toebehore verskaf. Die ruim badkamer met die aparte gaste toilet is ook rolstoelvriendelik en spog met n groot losstaande bad, baie groot stort (rolstoel- vriendelik) en tydlose wasbak en kassies.

Die hoofslaapkamer is pure bederf met n groot kamer, lugversorger, groot oopvoudeure, asook n prentjie mooi en- suite badkamer. Die dubbel wasbak, besonderse spiƫelkassie teen die muur, die gehalte krane, asook die reuse stort wat boonop rolstoel vriendelik is, laat jou besef dat alles hier getuig van perfeksie. Die groot instapkas met sy pragtige deure dra verder by tot die mooi badkamer.

n Verdere groot voordeel is die ruim woonstel wat baie privaatheid bied en ideaal is vir gaste, of andersinds vir ouma en oupa wat naby bly, steeds deel is van die huis, maar die gerief het van n 2 slaapkamer, pragtige badkamer, asook n oopplan kombuis en leefarea. Verder kan daar heerlik gekuier word op hulle eie stoep wat op die mooi tuin en swembadarea uitkyk.

Die eienaars het verseker dat Eskom nie meer deel van jou frustrasies sal wees nie, aangesien die eiendom n 5 KV omskakelaar, 12 sonpanele, 2x 5 KV Batterye, asook n stil kragopwekker het. Daar is n toegeruste boorgat met 2 Jo-Jo watertenks (5000l vir tuingebruik asook n 2500l tenk met n filter, vir veilige huisgebruik). Om die goedbeplande tuin in stand te hou is daar outomatiese sprinkelbesproeiing. Die plaveisel verseker dat alles moeitevry skoon en netjies gehou kan word.

Die dubbel motorhuis, asook die afdak, verseker dat al die voertuie asook n karavaan of boot veilig gestoor kan word. Gepraat van veiligKranspoort bied n besondere leefstyl waar kinders ongehinderd kan fietsry en nog tot laat aand kan speel. Saans word om die kampvuur gelag en gekuier en word die mooiste onthou prentjies vir die oudag bymekaar gemaak. Familietyd word weer spesiaal en kan daar verskeie staproetes gestap, gholf gespeel, of gehengel word. Daar is n ryk voƫllewe in Kranspoort asook verskeie wild soos Zebras, Blou Wildebeeste, Swartwitpense, Koedoes,Njalas en Roioibokke is gereelde besoekers by die huise. As die Kameelperde kom kuier is daar altyd n groot opgewondenheid, want dit gebeur nie elke dag nie!

Ek kan nie wag om jou hierdie besonderse huis met nog vele ekstras te gaan wys nie! Moenie hierdie kans mis nie, kontak my dadelik.

Read More

Key Property Features

5
Bedrooms
3.5
Bathrooms
3
Covered Parkings
3
Garages
1
Lounges
Flatlets
Patio
Pool
Security Post

Contact Agent

Need a home loan?