10 Bed Apartment in Strandfontein
R 5 338 000
Lieflike strandhuis of gastehuis. Hierdie pragtige woning met sy see-uitsig kan die nuwe eienaar van die ideale gastehuis / vakansiehuis / of permanente woonhuis met ekstra inkomste verseker. Dit word as n woonhuis verkoop - maar n Zone V goedkeuring is alreeds deur Matzikama Munisipaliteit toegeken - wat beteken dat die nuwe eienaar kamers kan uitverhuur en etes voorsien indien nodig. Die woonhuis word tans uitverhuuur en sy huidige inkomste oorskry tans die verband aan die bank. Elke woon eenheid het sy eie badkamer(s) / kombuis / sitkamer.
Dit is verdeel in die volgende eenhede:
MALGAS wat 2 enkelbeddens bevat.
STERRETJIE bevat tans 2 Dubbelbeddens en 3 enkelbeddens
VILLA MICHELLE bevat 1 Dubbelbed, 1 Koningin grootte bed en 2 x 3kwart beddens.
SWART TOBIE bevat 3 Dubbelbeddens en 1 X 3 kwart Bed.
SEEMEEU bevat 1 dubbelbeddens en 3 enkelbeddens.
Daar is n volledige inventaris beskikbaar - en feitlik al die meubels op fotos word saam met die eiendom verkoop.
Strandfontein is tussen Doringbaai en Strandfontein in die hartjie van Namakwaland gelee. Dit bied die nuwe eienaar n veilige aftrede met die geleentheid om n inkomste te verdien. Die area is bekend vir sy pragtige blommeprag en fantastiese wyne met heerlike eetplekkies!