620 ha Farm in Thabazimbi

4 3 1 620 ha

Gelykplaas aangrensend aan die Maricorivier met 'n derde turf en twee derdes rooigrond.

Regdeur soetveld met hoofsaaklik doringbome onder andere Haak-en-steek, Geelhaak, Brosdoring en Machouka.

Wild wat voorkom is om en by 40 Koedoes, 200 Rooibokke, 13 Blouwildebeeste, 6 Rooihartbeeste, 12 Gemsbokke, 6 Elande en 'n Kameelperd.

Die plaas leen hom tot 'n teel en jagplaas met 4 kampe van 30 ha, 1 van 80 ha, en 4 ha oop veld vir jag doeleindes. Groot wildsboma met 4 vangkrale en 6 afstandbeheerhekke en 10 waterpunte.

Die plaas het baie water met 1 sementdam, 3 gronddamme en 4 natuurlike panne.

3 baie sterk boorgate, 1 met dompelpomp, 1 met sonpomp en 1 nie toegerus.

Die plaas le op die Rooibokkraal Derdepoort pad en grens aan die grondpad

Baie netjies gerestoreerde 4 slaapkamer plaaswoning met groot groen tuin, en lieflike swembad.

450 vierkante meter oop stoor met buite geboue, pakkamers en afdakke.

Slagkamer en koelkamer, volledige werkershuis.

Property details

  • Listing number T2801904
  • Property type Farm
  • Erf size 620 ha

Property features

  • Bedrooms 4
  • Bathrooms 3
  • Lounges 1
  • Dining Areas 1
  • Garages 2
  • Covered Parkings 1
  • Pet Friendly
  • Pool
  • Staff Quarters

Photo gallery

>