3.4 ha Smallholding in Thabazimbi

3.4 ha 263

Besit 3.45 ha binne die wildsplaas van 1240 ha waarop daar gejag kan word deur die aandeelhouers. Geniet die absolute privaatheid van jou eie plot omring deur ''n groot verskeidenheid bosveld bome en die rustigheid van die mooi natuurskoon. Wildspesies wat vrylik op die plaas voorkom sluit in: Kameelperd, Zebra, Blesbok, Waterbok, Wildebees, Rooibok, Rooihartebees, Eland, Vlakvark en klein wild. Die plaas is gelee tussen Koedoeskop en Northam, dis ''n gelykplaas met verskeie koppies en rante.

Hierdie luukse huis het ''n baie mooi uitsig vanaf die groot stoep wat uitkyk op ''n waterpunt en voerplek vir wild, 3 slaapkamers waarvan 2 ensuite is, pragtige oopplan kombuis, sit- en leefarea, ideaal geposisioneerde swembad tussen die sitkamer en hoofslaapkamer, groot dubbel motorhuis met elektriesedeur en addisionele stoorplek. Die huis se dak is ''n grasdak wat met Harvey teels bedek is. Hierdie eiendom bied die ideale geleentheid om op ''n wildsplaas en die natuurlewe te geniet, te kan jag, en slegs verantwoordelik te wees vir jou eie stukkie paradys.

10 Kwh solar sisteem

Eskom aansluiting vir noodgevalle

2x 5000 liter tanks wat deur die plaas se boorgat van water voorsien word

Volledige gaste woonstel

Klankdigte ateljee wat ook as werkskamer of kantoor kan dien, of omskep kan word in ''n addisionele woonstel

Die eiendom is in ''n BK geregistreer wat oorgekoop kan word

Property details

  • Listing number T4573457
  • Property type Small Holding
  • Erf size 3.4 ha
  • Floor size 263 m²
  • Levies R 3 800

Photo gallery

>