2 Bedroom House in Mookgophong Outlying
Pragtige twee slaapkamer aftree woning by Die Oog Aftree Landgoed!
Netjiese aftree huis in die hartjie van die Bosveld.
Hierdie is n netjiese, privaat losstaande eiendom in n uitmuntende toestand met standaard afwerkings en baie meer as wat die fotos kan wys. Met die wonderskone natuur om jou, omring deur groot hoe bome. n Ryk voel lewe en wildsbokkies wat tussen die wooneenhede kom kuier.
Met die intrapslag omhels die warmte van die oop leefarea jou. Die leefarea is deel van die oopplan kombuis.
Pragtige moderne kombuis met genoeg kaste, graniet blaaie, ''n gasstoof en ''n elektiese oond met plek vir n skottelgoedwasser en ''n regop yskasvrieskas kombinasie.
Die huis het twee slaapkamers. Die hoofslaapkamer is ruim met ''genoeg ingeboude kaste. Die en suitebadkamer bestaan uit n stort, toilet, ingeboude wasbak en is geteel.
Die tweede slaapkamer vloei uit die leefarea uit en het ook ingeboude kaste. Die tweede badkamer, wat tot teen die dak geteel is, bestaan uit ''n stort, wasbak en het ook plek vir ''n wasmasjien.
''n Bonus is ''n klein werkskamerstudeerkamer wat uit die leefarea vloei.
Die leefarea is ruim en het genoeg plek vir ''n sitkamer - en ''n eetkamerstel.
Buite die sitkamer is ''n grasdak lapa met ''n ingeboude braai en ''n granietblad kassie.
Die aftree woning se uitstaande kenmerk is die ongelooflike mooi tuin. Daar is reuse bome, welige plantegroei en is gelee naby ''n droe rivierloop.
Daar is ''n 2 afdakke vir jou voertuie.
Die woon eenheid is baie sentraal gelee, stapafstand van die sorgsentrum, restaurant, swembad, tennisbane en baie meer fasiliteite om van te droom.
Skakel my vandag om nie hierdie droomwoning te mis nie!
Property details
- Listing number T5316889
- Property type House
- Listing date 25 Nov 2025
- Land size 250 m²
- Floor size 86 m²
- Rates and taxes R 1 227
- Levies R 4 500
Property features
- Bedrooms 2
- Bathrooms 2
- Lounges 1
- Dining areas 1
- Covered parking 2
- Pet friendly
- Access gate
- Patio
- Pool
- Security post
- Study
- Garden
- Lapa