7 480 ha Farm in Prieska
Grootte: 7480 ha
Hierdie besonderse mooi Karooplaas het n groot voordeel wat bestaan uit ongeveer 2000 ha leegteveld wat met die minimum reen uitloop in gannabos en soetgrasse, wat die plaas se drakrag verhoog.
Dit maak lam- en speentyd met die regte bestuur n plesier.
Genoegsame waterbronne uit sonpompe en windpompe en putfontein wat die soetste water gee.
Weidings bestaande uit gemengde bossieveld en karoograsse, insluitend boesmansgrasse en pionierstipes.
Die versklilende topografie wat insluit ranteveld, sandveld, hardeveld en leegteveld maak die plaas se weidings bo gemiddeld.
Wildskamp van 800 ha met Gemsbokke, springbok en koedoes.
Die plaas is 1 gedeelte elektries omhein en kan verder geneem word.
Historiese groot plaashuis met tonne geskiedenis oregon vloere en deurkosyne.
Binneplaas - toegang uit 2 verskillende hoofpaaie.
Toe stoor en buitegeboue - veehanteringsfasilieteite skaap en bees.
Voerkraal vir skaap - huidiglik word met Dorpers geboer.
Geen Eskom
Drakrag: 1:36 GVE of 1:6-7 KVE
Reenval: 150200 mm per jaar
Kom ervaar die prentjiemooi Bo Karoo en vind jou vrede.
Property details
- Listing number T5122023
- Property type Farm
- Listing date 19 Jun 2025
- Land size 7 480 ha
Property features
- Bedrooms 4
- Bathrooms 1
- Lounges 2
- Dining areas 1