11 813 ha Farm in Prieska
Grootte: 11 813 ha
Hierdie besonderse mooi Karooplaas het n groot voordeel wat bestaan uit ongeveer 2000 ha leegteveld wat met die minimum reen uitloop in gannabos en soetgrasse, wat die plaas se drakrag verhoog.
Dit maak lam- en speentyd met die regte bestuur n plesier.
Genoegsame waterbronne uit sonpompe en windpompe en put/fontein wat die soetste water gee.
Weidings bestaande uit gemengde bossieveld en karoograsse, insluitend boesmansgrasse en pionierstipes.
Wildskamp van 800 ha met Gemsbokke, springbok en koedoes.
Die plaas is 1 gedeelte elektries omhein en kan verder geneem word.
Historiese groot plaashuis met tonne geskiedenis (oregon vloere en deurkosyne).
Binneplaas - toegang uit 2 verskillende hoofpaaie.
Toe stoor en buitegeboue - veehanteringsfasilieteite (skaap en bees).
Voerkraal vir skaap - huidiglik word met Dorpers geboer.
Geen Eskom
Drakrag: 1:36 GVE of 1:6-7 KVE
Reenval: 150200 mm per jaar
Kom ervaar die prentjiemooi Bo Karoo en vind jou vrede.
Hierdie plaas is aangrensend aan die 4730 ha plaas wat ek ook bemark.
Property details
- Listing number T5122023
- Property type Farm
- Listing date 19 Jun 2025
- Land size 11 813 ha
Property features
- Bedrooms 4
- Bathrooms 1
- Lounges 2
- Dining areas 1