Back Menu
Skool Verslag - Laerskool Skuilkrans

Skool Verslag - Laerskool Skuilkrans

Private Property South Africa
Anna-Marie Smith

Laerskool Skuilkrans wat in 1975 gestig is, was oorspronklik na Murrayfield, die voorstad waar die skool geleë is, vernoem. Dié Afrikaansmedium skool met ‘n godsdienstige opvoedings-grondslag het in 1992 ‘n Model-C skool geword. Die skool is in die middelklas woonbuurt Murrayfield geleë, en lê binne‘n radius van 5km vanaf verskeie woonbuurte naamlik Meyerspark, Silverton, Die Wilgers, La Montagne en verskeie Lynnwood uitbreidings. Die sentrale ligging van die skool bied ‘n aantal winkelsentrums binne bereikbare afstande van omtrent 1.5km aan, insluitende The Grove, Safari Kwekery, Willows, Lynnridge Mall, en Glenfair. Verdere beskikbare gemeenskapsgeriewe in die nabye omgewing is mediese spreekkamers, Intercare, Wilgers Hospitaal, Virgin Active, ‘n biblioteek, restaurante, en die splinternuwe Atterburyteater. Laerskool Skuilkrans se 840 leerders baat uit ‘n bevoorregde onderwysomgewing met omtrent vier tot vyf klein klasse per graad, en so min as 22 tot 26 kinders per klas. Skuilkrans se uitstekende pre-primêre skool is tans in die proses om ‘n nuwe gebou vir hierdie afdeling op te rig. Verskeie programme word hier aangebied soos “playball” en judo, en die Gr R leerders vorm ook deel van die skool se Buksiekoor en Bulletjierugby. ‘n Naskoolsentrum maak voorsiening vir die behoeftes van werkende ouers. Daar is ook twee ander privaat naskoolsentrums binne 500m vanaf die skool beskikbaar . Laerskool Skoolkrans beoefen ‘n allesomvattende opvoedkundige benadering tot akademiese, kulturele en sport aktiwiteite. In ooreenstemming met die ontwikkelende wêreld van tegnologie besef die skool die noodsaaklikheid daarvan in primêre opvoeding, en in 2011 word ‘n verdere vyf elektroniese witborde en die skool se tweede rekenaarsentrum in gebruik geneem. Die skool kommunikeer op effektiewe wyse ook deur middel van moderne tegnologie via die School Communicator-stelsel met ouers. Hierdie internetgedrewe kommunikasie-instrument stel die skool in staat om op ‘n daaglikse basis met ouers te kommunikeer, of sodra die behoefte ontstaan. Ouers het vrye toegang tot die weeklikse nuusbrief, ander omsendbriewe en fotos, terwyl alle inligting terselfdertyd op ‘smart’ selfone beskikbaar is. Maatskaplike werk binne die plaaslike gemeenskap is een van die skool se prioriteite, en daar word omgesien na die skool se hulpbehoewende kinders en gesinne deur ouerbetrekking. Die skool hou ‘n jaarlikse winteruitreik waartydens ‘n verskeidenheid items, veral kos, ingesamel word en op ‘n weeklikse basis aan behoeftige gesinne uitgedeel word. Laerskool Skuilkrans se “red-nose”-insameling dien om behoeftige leerlinge van ander fisiese behoeftes asook terapie, indien nodig, te voorsien. Leerders by Laerskool Skuilkrans kan ook deelneem aan buitemuurse kulturele aktiwiteite soos kuns, ballet en ander dansvorme wat by die skool aangebied word, asook sang- en musieklesse in ‘n verskeidenheid instrumente by die musieksentrum. Deelname aan die jaarlikse interne redenaarskompetisie word aangemoedig, en talentvolle redenaars het die geleentheid om aan die ATKV-redenaarskompetisie en Abè Bailey deel te neem. Van die skool se besondere kulturele prestasies sluit in Aimèe Porter, ‘n leerling aan die Musieksentrum wat een van drie kandidate is wat landswyd die hoogste punte behaal het vir die Gr 6 UNISA klaviereksamen. Sy het ook die Hennie Joubert Merieteprys ontvang. Sportafrigting in netbal, rugby, sagtebal (dogters), hokkie, atletiek, landloop, tennis, swem en krieket word gegee. Skaak word ook by die skool aangebied. Laerskool Skuilkrans se prestasies op die gebied van sport sluit onder andere in die onder nege rugbyspannetjie wat Bloubul B-Bond in 2010 gewen het. Die skool is veral trots op hulle oud-skoliere Fourie du Preez en Pierre Spies. For a Virtual Tour of the school, follow this link.https://www.privateproperty.co.za/laerskool-skuilkrans/virtual-tour-56724.htm

Tagged In:

Schools Area Info

Found this content useful?

Get the best of Private Property's latest news and advice delivered straight to your inbox each week

Related Articles

Waterstone College
Having opened its doors in January 2007, Waterstone College is a relatively new school that has grown exponentially since its genesis. The school was formed to fill the market owing to the poor reputation associated with ...
Umhlanga College – Educating Heads, Hearts and Hands
Located in a beautiful setting, with sweeping views of the cane fields of Umhlanga Ridge, Umhlanga College is a school that retains its country ambience amidst the finest, modern facilities. Committed to the discovery and ...
Burgeoning Demand for Retail in Little Falls
Within a relatively short space of time, the suburb of Little Falls in Roodepoort has become a fairly densely populated area which is catalysing demand for new commercial and retail facilities. So says Gert Els of Clearwater ...
Paul Roos Gimnasium – A School of Excellence for Boys
Located on a beautiful campus in Stellenbosch, Paul Roos Gimnasium is on the banks of the Eerste River with a panorama of mountains behind the school buildings.