Property Advice

Brenties - Die Skool Wat Vir Jonk En Oud Omgee

Private Property South Africa
Anna-Marie Smith |
Brenties - Die Skool Wat Vir Jonk En Oud Omgee

Brentwood Park Laerskoolmet meesal leerders vanuit omliggende areas, en ook baie leerders wat uit ‘n stadsomgewing kom. Die skool was in die verlede ‘n Model C skool en is tans ‘n suiwer Afrikaansmedium Staatskool. Die skool het ‘n totaal van 650 kinders vanaf Gr Pre-R tot Gr7, wat deur noue samewerking tussen die skoolpersoneel en ‘n aktiewe verkose beheerliggaam bestuur word.Die skool se sentrale ligging bied ‘n 10km opvanggebied tussen die woonbuurte Goedeburg , Atlasville, Impala Park , Northvilla, Northmead , Farrarmere , Alphen Park , Bardene, Bartlett , Beyerspark , Lakeside , Pomona, Bredell, Norton Home Estates, Benoni, Rynfield , Bonaero Park. Brentwood Park is geleë in die nabyheid van Oliver Tambo Lughawe en die voorstad Kempton Park. ‘Brenties’ het sterk Christelike norme en waardes, wat gedurende elke leerder se opvoeding en onderrig by die skool ‘n prioriteit is. Die omvattende ontwikkeling van kinders, wat gesonde sport- en kultuurontwikkeling insluit, word ook as baie belangrik beskou. Laerskool Brentwood Park leef sy leuse, wat bekend staan as ‘Die skool wat omgee’ op ‘n daaglikse wyse ten volle uit, en die skoolgemeenskap dra die belange van die skool na-aan die hart.Vanuit 'n akademiese uitnemendheid perspektief bied Brenties se omvattende opleidingskapasiteit die ideale oplossing vir langtermyn opvoedkundige doeleindes aan. Voorskoolse opvoeding begin in Graad PrePre R op vier jarige ouderdom tot Graad 7, en leerders kan daarna een van verskeie hoërskole in die woonbuurt bywoon. Die laerskool het drie Gr Pre R- en drie Gr R klasse met ‘n gemiddeld 20 leerders per graad. Die opgradering van verskeie geriewe is in die proses, en die skool bou tans nuwe Gr R-klasse waarvan twee reeds voltooi is, en bouwerk aan die derde klas begin eersdaags. Die ontwikkeling van ‘n parkeerarea om die veilige op- en aflaai van leerders te verseker is ook in beplanning stadium. By Brenties word leerders bewus gemaak van die noodsaaklikheid in sosiale uitreiking deur die skool se gereelde deelname in plaaslike behoeftige sake. Hoewel die skool ‘n jaarlikse “Omgeeweek” gedurende Augustusmaand hou, ervaar leerders uitreiking aan behoeftiges uit verskillende vlakke van die gemeenskap op gereelde basis. Spesiale projekte sluit in die skool se uitreiking na die bejaarde bewoners van twee aftree-oorde in die skool omgewing. Verder reik Brentwood Park Laerskool deurlopend uit na die plaaslike kinderhuis, Collinhuis, wat van Brenties se leerders huisves. Die skool maak ook bemoeienis met die “Manger Care Centre” in die omgewing, vanwaar sommige skool leerders kom. Die skool presteer goed op sport- en kultuurgebied en poog om alle leerders by hierdie aktiwiteite te betrek. Verskeie keuses van kultuur aktiwiteite sluit in redenaarvoering, sangkore, spreekkore, en individuele voordrag. Op sportgebied word atletiek, rugby, netbal, landloop, krieket, tennis, en hokkie aangebied. Alle leerders by Brenties ontvang erkenning vir sport- en kultuuraktiwiteite wat buite skoolverband beoefen word soos modelwerk, dans, kuns, karate, gimnastiek, aksienetbal, trompoppies, ens.Brentwood Park Laerskool wat reeds sy 85ste jaar van bestaan hierdie jaar vier, beplan as deel van die feesvieringe ‘n groot operette aan die einde van die jaar, en wil die skool graag elke leerder die geleentheid bied om deel hiervan te wees.Om 'n "Virtual Tour" van heirdie skool te besigtig, volg asseblief hierdie skakel:https://www.privateproperty.co.za/laerskool-brentwoodpark/virtual-tour-33828.htm

Related Articles

Sectional Title (ST) scheme owners
Private Property Reporter | 20 Jan 2026

Sectional Title (ST) scheme owners

How to manage the financials of a Sectional Title (ST) scheme Credible managing agents are in the best position to ensure your Sectional Title scheme’s financials are accurate and transparent.

What’s ahead for real estate 2026: the comeback year
Private Property Reporter | 19 Jan 2026

What’s ahead for real estate 2026: the comeback year

Commentary from top real estate personalities may help you decide whether 2026 is the year for you to buy, sell, rent, or invest in a residential property.

Declutter to sell (or stay): why January is the best time to reset your home’s value
RE/MAX | 15 Jan 2026

Declutter to sell (or stay): why January is the best time to reset your home’s value

Decluttering in January can boost your home’s appeal, functionality and value—whether you’re selling or staying.

sample image of property alerts

Get instant property alerts

Be the first to see new properties for sale.
;