Back Menu
Hoërskool Centurion Verryk Sy Omgewing.

Hoërskool Centurion Verryk Sy Omgewing.

Private Property South Africa
Anna-Marie Smith

Hoërskool Centurion het in 1959 ontstaan, en die skool is amptelik ingewy as die Lytteltonse Hoërskool . Met 225 leerders en 13 personeellede het die klein hoërskool vooruitgegaan in Verwoerdburg wat toe ‘n vinnig groeiende voorstad was. Die skool het later as Hoërskool Verwoerdburg bekend gestaan. Na 59 jaar het die skool sy derde naam Hoërskool Centurion ontvang, en het tans 72 onderwysers in diens en 1 238 leerders.Die skool is in ‘n sentrale posisie geleë, net tien minute per motor vanaf die Centurion-winkelsentrum, binne loopafstand na die dorpsbiblioteek, en reg oorkant die Unitas hospital. Een van die grootste voordele wat Hoërskool Centurion aan ouers en leerders vanuit verliggende omgewings aanbied, is die seuns-en-dogterskoshuis, wat binne loopafstand van die skool en sportfasiliteite geleë is. Vir leerders wat daaglikse vervoer na die skool benodig, is daar ook ‘n busvervoerskema wat deur die skool bedryf word, en teen ‘n minimale koste beskikbaar. Hierdie hoërskool is nie net bekend vir sy akademiese prestasies en 100% matriek slaagsyfer vir die afgelope vier jaar nie, maar ook vir ‘n besondere waardesisteem wat op ‘n daaglikse basis deur elkeen by die skool uitgeleef word. Waardes soos respek, verantwoordelikheid, leergierigheid, selfdissipline, deursettingsvermoë, lojaliteit en integriteit word hier gekweek en lei tot die doeltreffende en effektiewe ontwikkeling van individue en groepe. Leerders word hier blootgestel aan wye keuses op alle vlakke, wat gemik is op ‘n omvattende en verrykende skoolopvoeding. Hierdie geïntegreerde ontwikkelingsproses steun deurlopend op die skool se besondere bestuursbeginsels, akademiese vakonderrig, sport en kultuurverwante onderrig, vaardigheidsonderrig en algemene oriëntering, asook die beskikbaarheid van fasiliteite en sosiale geleenthede. Die skool se leuse “Steeds Hoër” word bevorder deur hoogtepunte in elke leerder se loopbaan moontlik te maak, en die skool heg dus groot waarde aan die beskikbaarheid van fasiliteite wat moontlik gemaak word deur die toegewyde samewerking van personeel, die beheerliggaam en ouers. Behalwe vir akademiese fasiliteite soos laboratoriums en die rekenaarsentrum, kan leerders ook van ‘n verskeidenheid ander geriewe op die skoolterrein gebruik maak. Dit sluit die musiek-en krieket akademies, die boek-en sports winkels, gymnasium, en selfs fisioterapie in. Noukeurige voorsiening word vir leerders se kulturele behoeftes gemaakdeur ‘n verskeidenheid keuses waardeur elke leerder ‘n geleentheid gebied word om in een of meer kultuuraktiwiteite deel te neem, soos musiek, dans, drama en nog meer.Hoërskool Centurion is ook bekend vir sy gereelde toneel-en revue-produksies en leerders word sterk aangemoedig om hulle talente in kultuuraktiwiteite te ontwikkel.. Hier word ook geglo dat ‘n gesonde liggaam ‘n gesonde gees huisves en fisiese aktiwiteite word aangemoedig deur deelname in verskeiegroepsportsoorte, asook individuele sport soos gholf, landloop en skaak. Uitsonderlike prestasies word gereeld op die sportvelde behaal en leerders ontvang spesiale toekennings op verskeie terreine. Die skool neem ook deel aan sosialeuitreik programme in die gemeenskap sowel as binne die skoolfamiliekring. Die leerders wat na Centurion Hoerskool kom is hoofsaaklik uit die plaaslike gemeenskap, naamlik Laerskool Louis Leipoldt , Laërskool Fleur , Laerskool Doringkloof , Laerskool Hennopspark , Laerskool Monumentpark , Laerskool Wierdapark , Laerskool Bakenkop en Laerskool Swartkop.Om 'n "Virtual Tour" van hierdie skool te besigtig, volg asseblief hierdie skakal:https://www.privateproperty.co.za/hoerskool-centurion/virtual-tour-30311.htm

Found this content useful?

Get the best of Private Property's latest news and advice delivered straight to your inbox each week

Related Articles

The importance of your net worth
Everybody wants a bargain, which is why shopping online has become so popular given you don’t need to leave the comfort of your home to do a comparison hunt.
What you need to know about making an Offer to Purchase
An Offer to Purchase is a legally binding document. It is, therefore, important to understand what is contained therein and the implications of signing one.
Property sector bets on Proptech to weather economic headwinds
The blend of property and technology, Proptech, is becoming increasingly more integral to the residential real estate’s operations and strategy.
Kerb appeal of low-income houses is important
With the real estate market shifting downwards currently, property prices become more competitive.