Property Advice

Hoërskool Centurion Verryk Sy Omgewing.

Private Property South Africa
Anna-Marie Smith |
Hoërskool Centurion Verryk Sy Omgewing.

Hoërskool Centurion het in 1959 ontstaan, en die skool is amptelik ingewy as die Lytteltonse Hoërskool . Met 225 leerders en 13 personeellede het die klein hoërskool vooruitgegaan in Verwoerdburg wat toe ‘n vinnig groeiende voorstad was. Die skool het later as Hoërskool Verwoerdburg bekend gestaan. Na 59 jaar het die skool sy derde naam Hoërskool Centurion ontvang, en het tans 72 onderwysers in diens en 1 238 leerders.Die skool is in ‘n sentrale posisie geleë, net tien minute per motor vanaf die Centurion-winkelsentrum, binne loopafstand na die dorpsbiblioteek, en reg oorkant die Unitas hospital. Een van die grootste voordele wat Hoërskool Centurion aan ouers en leerders vanuit verliggende omgewings aanbied, is die seuns-en-dogterskoshuis, wat binne loopafstand van die skool en sportfasiliteite geleë is. Vir leerders wat daaglikse vervoer na die skool benodig, is daar ook ‘n busvervoerskema wat deur die skool bedryf word, en teen ‘n minimale koste beskikbaar. Hierdie hoërskool is nie net bekend vir sy akademiese prestasies en 100% matriek slaagsyfer vir die afgelope vier jaar nie, maar ook vir ‘n besondere waardesisteem wat op ‘n daaglikse basis deur elkeen by die skool uitgeleef word. Waardes soos respek, verantwoordelikheid, leergierigheid, selfdissipline, deursettingsvermoë, lojaliteit en integriteit word hier gekweek en lei tot die doeltreffende en effektiewe ontwikkeling van individue en groepe. Leerders word hier blootgestel aan wye keuses op alle vlakke, wat gemik is op ‘n omvattende en verrykende skoolopvoeding. Hierdie geïntegreerde ontwikkelingsproses steun deurlopend op die skool se besondere bestuursbeginsels, akademiese vakonderrig, sport en kultuurverwante onderrig, vaardigheidsonderrig en algemene oriëntering, asook die beskikbaarheid van fasiliteite en sosiale geleenthede. Die skool se leuse “Steeds Hoër” word bevorder deur hoogtepunte in elke leerder se loopbaan moontlik te maak, en die skool heg dus groot waarde aan die beskikbaarheid van fasiliteite wat moontlik gemaak word deur die toegewyde samewerking van personeel, die beheerliggaam en ouers. Behalwe vir akademiese fasiliteite soos laboratoriums en die rekenaarsentrum, kan leerders ook van ‘n verskeidenheid ander geriewe op die skoolterrein gebruik maak. Dit sluit die musiek-en krieket akademies, die boek-en sports winkels, gymnasium, en selfs fisioterapie in. Noukeurige voorsiening word vir leerders se kulturele behoeftes gemaakdeur ‘n verskeidenheid keuses waardeur elke leerder ‘n geleentheid gebied word om in een of meer kultuuraktiwiteite deel te neem, soos musiek, dans, drama en nog meer.Hoërskool Centurion is ook bekend vir sy gereelde toneel-en revue-produksies en leerders word sterk aangemoedig om hulle talente in kultuuraktiwiteite te ontwikkel.. Hier word ook geglo dat ‘n gesonde liggaam ‘n gesonde gees huisves en fisiese aktiwiteite word aangemoedig deur deelname in verskeiegroepsportsoorte, asook individuele sport soos gholf, landloop en skaak. Uitsonderlike prestasies word gereeld op die sportvelde behaal en leerders ontvang spesiale toekennings op verskeie terreine. Die skool neem ook deel aan sosialeuitreik programme in die gemeenskap sowel as binne die skoolfamiliekring. Die leerders wat na Centurion Hoerskool kom is hoofsaaklik uit die plaaslike gemeenskap, naamlik Laerskool Louis Leipoldt , Laërskool Fleur , Laerskool Doringkloof , Laerskool Hennopspark , Laerskool Monumentpark , Laerskool Wierdapark , Laerskool Bakenkop en Laerskool Swartkop.Om 'n "Virtual Tour" van hierdie skool te besigtig, volg asseblief hierdie skakal:https://www.privateproperty.co.za/hoerskool-centurion/virtual-tour-30311.htm

Related Articles

How alternative credit data is helping more South Africans buy homes
BetterBond | 11 Mar 2026

How alternative credit data is helping more South Africans buy homes

Alternative credit data is helping millions of South Africans without credit histories qualify for home loans and enter the property market.

Ten things bond originators wished you knew before applying for a home loan
BetterBond | 11 Mar 2026

Ten things bond originators wished you knew before applying for a home loan

Ten things bond originators wish buyers knew before applying for a home loan – from credit scores to better interest rates.

Oil price shocks will affect household spending
Private Property Reporter | 11 Mar 2026

Oil price shocks will affect household spending

South Africans should brace themselves for higher fuel prices, which will affect how household finances are distributed.

sample image of property alerts

Get instant property alerts

Be the first to see new properties for sale.
;