Laerskool Fontainebleau wat alreeds in 1906 sy ontstaan gehad het is die oudste skool in Randburg en is ook een van die eerste oorspronklike Model C skole.Hierdie tradisieryke skool is geleë in die gevestigde woonbuurt Fontainebleau, waar openbare geriewe soos winkelsentrums, hospitale, parke, sportfasiliteite en biblioteke maklik bereikbaar is. Die skool se sentrale ligging bied inwoners van minstens 15 aangrensende woonbuurte die geleentheid om hulle kinders hier in te skryf. Laerskool Fontainebleau se filosofie heg waarde aan ‘n afgeronde opvoedingsproses , waar leerders as individue gerespekteer word. Hier vind ongeveer 600 leerders baat uit ‘n hoë vlak onderrig in ‘n verrykende omgewing geskep deur bekwame onderwysers met 'n gemiddelde dienstydperk van 20 jaar, om die ontwikkeling tot volle potensiaal op akademiese, sosiale, emosionele en fisiese gebied te verseker. Die skoolhoof en personeel word bygestaan deur 'n beheerliggaam met kundige personeel en ouers wat driejaarliks deur ouers verkies word, en wie se professionele- en besigheidsondervinding ten voordeel van elke leerder strek. Fonties Pre-Primêr is Laerskool Fontainebleau se kleuterskoolafdeling, waar ses gekwalifiseerde onderwysers onderrig bied aan ongeveer 130 Graad RR en Graad R leerders. Die kleuterskoolfasiliteite was drie jaar gelede opgradeer, en leerders geniet nou die vergrote terrein met ses ruim klaskamers en speelgrond. Nog ‘n voordeel van die skool se sentrale ligging is dat wanneer laerskoolloopbane in Graad 7 ten einde loop, die meerderheid leerders na Hoërskool Randburg beweeg, wat ongeveer 1km vanaf die laerskool geleë is.Deur die noue samewerking tussen personeel en die beheerliggaam word ouers aangemoedig om betrokke te raak op verskeie komitees, soos Klub Fontie, OOV, “Happy Hearts” en “Cool Kidz”. Hierdie komitees bied ‘n sosiale diens aan die gemeenskap deur voedingskemas, fondsinsamelings, beurse en geldelike ondersteuning ten bate van die skool se minder-bevoorregte kinders en gesinne.Die gebalanseerde sport en kultuur opvoedingsprogram by Laerskool Fontainebleau mik daarna om leerders soveel as moontlik geleenthede binne die skoolraamwerk aan te bied. ‘n Volledige program met verskeie sport- en kultuuraktiwiteite word aangebied, met puik sportsgeriewe, ‘n mediasentrum en ouditorium. Leerders word aangespoor om aan ten minste een sport en kultuur aktiwiteit deel te neem, wat lei na puik prestasies op provinsiale gebied op verskeie vlakke.Die wye keuses vir deelname in sport en kultuur sluit in atletiek, rugby, netbal, hokkie, krieket, landloop, swem, skaak, tennis, gholf, kore, revue, danse, slagorkes, redenaars, musiek en sang asook deelname aan die Eisteddfod en Super 12. Verdere voordele waaruit leerders kan baat is die KDA-program, wat gemik is daarop om leerders se motoriese vaardighede, balans en koördinasie te ontwikkel. Dit word gedurende skool ure aangebied. Leerders word ook op hoogte gehou van tegnologiese ontwikkeling en rekenaaropleiding word aangebied by die skool se rekenaarsentrum.By Laerskool Fontainebleau geniet families ‘n omvattende lewenstyl in ‘n gevestigde voorstad, waar jonk en oud in sentrale woonbuurte kan sosialiseer, hulle besigheid bedryf en waar buitelugaktiwiteite deel kan wees van elke familie se daaglikse bestaan.
Property Advice