Property Advice

Laerskool Fontainebleau

Private Property South Africa
Anna-Marie Smith |
Laerskool Fontainebleau

Laerskool Fontainebleau wat alreeds in 1906 sy ontstaan gehad het is die oudste skool in Randburg en is ook een van die eerste oorspronklike Model C skole.Hierdie tradisieryke skool is geleë in die gevestigde woonbuurt Fontainebleau, waar openbare geriewe soos winkelsentrums, hospitale, parke, sportfasiliteite en biblioteke maklik bereikbaar is. Die skool se sentrale ligging bied inwoners van minstens 15 aangrensende woonbuurte die geleentheid om hulle kinders hier in te skryf. Laerskool Fontainebleau se filosofie heg waarde aan ‘n afgeronde opvoedingsproses , waar leerders as individue gerespekteer word. Hier vind ongeveer 600 leerders baat uit ‘n hoë vlak onderrig in ‘n verrykende omgewing geskep deur bekwame onderwysers met 'n gemiddelde dienstydperk van 20 jaar, om die ontwikkeling tot volle potensiaal op akademiese, sosiale, emosionele en fisiese gebied te verseker. Die skoolhoof en personeel word bygestaan deur 'n beheerliggaam met kundige personeel en ouers wat driejaarliks deur ouers verkies word, en wie se professionele- en besigheidsondervinding ten voordeel van elke leerder strek. Fonties Pre-Primêr is Laerskool Fontainebleau se kleuterskoolafdeling, waar ses gekwalifiseerde onderwysers onderrig bied aan ongeveer 130 Graad RR en Graad R leerders. Die kleuterskoolfasiliteite was drie jaar gelede opgradeer, en leerders geniet nou die vergrote terrein met ses ruim klaskamers en speelgrond. Nog ‘n voordeel van die skool se sentrale ligging is dat wanneer laerskoolloopbane in Graad 7 ten einde loop, die meerderheid leerders na Hoërskool Randburg beweeg, wat ongeveer 1km vanaf die laerskool geleë is.Deur die noue samewerking tussen personeel en die beheerliggaam word ouers aangemoedig om betrokke te raak op verskeie komitees, soos Klub Fontie, OOV, “Happy Hearts” en “Cool Kidz”. Hierdie komitees bied ‘n sosiale diens aan die gemeenskap deur voedingskemas, fondsinsamelings, beurse en geldelike ondersteuning ten bate van die skool se minder-bevoorregte kinders en gesinne.Die gebalanseerde sport en kultuur opvoedingsprogram by Laerskool Fontainebleau mik daarna om leerders soveel as moontlik geleenthede binne die skoolraamwerk aan te bied. ‘n Volledige program met verskeie sport- en kultuuraktiwiteite word aangebied, met puik sportsgeriewe, ‘n mediasentrum en ouditorium. Leerders word aangespoor om aan ten minste een sport en kultuur aktiwiteit deel te neem, wat lei na puik prestasies op provinsiale gebied op verskeie vlakke.Die wye keuses vir deelname in sport en kultuur sluit in atletiek, rugby, netbal, hokkie, krieket, landloop, swem, skaak, tennis, gholf, kore, revue, danse, slagorkes, redenaars, musiek en sang asook deelname aan die Eisteddfod en Super 12. Verdere voordele waaruit leerders kan baat is die KDA-program, wat gemik is daarop om leerders se motoriese vaardighede, balans en koördinasie te ontwikkel. Dit word gedurende skool ure aangebied. Leerders word ook op hoogte gehou van tegnologiese ontwikkeling en rekenaaropleiding word aangebied by die skool se rekenaarsentrum.By Laerskool Fontainebleau geniet families ‘n omvattende lewenstyl in ‘n gevestigde voorstad, waar jonk en oud in sentrale woonbuurte kan sosialiseer, hulle besigheid bedryf en waar buitelugaktiwiteite deel kan wees van elke familie se daaglikse bestaan.

Related Articles

Interest rate unchanged: March 2026
Private Property Reporter | 27 Mar 2026

Interest rate unchanged: March 2026

The SARB has taken a ‘prudent approach,' said Governor Lesetja Kganyago in the decision to keep the repo rate unchanged at 6.75% and the prime lending rate at 10.25%.

A practical guide to resolving rental disputes
Private Property Reporter | 27 Mar 2026

A practical guide to resolving rental disputes

REMAX Southern Africa provides practical tips for landlords and tenants to resolve rental disputes quickly and fairly.

How AI is changing property valuations and home loan approvals
Nedbank | 27 Mar 2026

How AI is changing property valuations and home loan approvals

AI is transforming property valuations and home loan approvals, enabling faster decisions, improved accuracy, and a more seamless, data-driven home-buying experience.

sample image of property alerts

Get instant property alerts

Be the first to see new properties for sale.
;