Property Advice

Laerskool Voorbrand Tref Voorsorg Vir Sy Gemeenskap

Private Property South Africa
Anna-Marie Smith |
Laerskool Voorbrand Tref Voorsorg Vir Sy Gemeenskap

Laerskool Voorbrand is in Forest Hill, in die Suide van Johannesburg gele? met ‘n naam wat besondere herinneringe uit vroe? eras bring. Hoewel Laerskool Voorbrand vandag ‘n parallel medium staatskool is, verwys die unieke skoolnaam na die ryk erfenis van Afrikaners.

Geskiedenis noteer dat Boere uit gewoonte voorsorg getref het teen die gevare van wegholvure, en die bewaring van waardevolle eiendomme soos plase, huise, hooimiedens en mieliehope was dus prioriteit.

Met ‘n sterk bewustheid van die voortreflike voorsorgmaatre?ls uit die verlede, reik die 55-jarige Laerskool so uit na jonger lede van die gemeenskap in voorbereiding van ‘n suksesvolle toekoms waar ‘n verrykende skoolloobbaan in ‘n veilige omgewing gebied word.

Die skool se visie behels ‘n Christelike onderrig deur middel van die beste fasiliteite ter hand, om geleenthede te skep sodat elke leerder se maksimum potensiaal op verskeie vlakke van akademie, kultuur en sport bereik kan word. Laerskool Voorbrand se misie is gemik daarop om leerders deur die ho? standaard opvoeding toe te rus om as gebalanseerde en ten volle ontwikkelde individue hul ho?rskool loopbane te betree.

Laerskool Voorbrand het tans ‘n leerder tal van ongeveer 900 leerders, ‘n personeel van 26 lede en ongeveer 40 leerders per klas. Die skool behaal verskeie onderrig mylpale deur leerders vanaf Graad R tot Graad 7 in Afrikaans of Engels te onderrig. Op akademiese vlak kan leerders deelneem aan ekstra aktiwiteite wat deur die Distrik aangebied word soos spelling B, lees kompetisies, wiskunde en wetenskap olimpiades. Toekennings vir prestasies op alle gebiede neem plaas tydens die skool se jaarlikse prysuitdeling in akademie, sport en kultuur, asook aan leerlinge wat uitsonderlike prestasies buite skoolverband behaal. Die skool se rekenaarsentrum bied elke leerder ‘n vroe? blootstelling aan tegnologie deur die ontwikkeling van rekenaargeletterdheid en rekenaarwetenskap gedurende skoolure.

Leerders word aangemoedig om aan die skool se buitemuurse aktiwiteite deel te neem en ‘n verskeidenheid sport keuses sluit in landloop, atletiek, sokker, krieket, netbal en skaak. Die skool se ruim sportvelde bied wonderlike geleentheid vir fisiese ontwikkeling en deelname aan verskeie sportsoorte. Op kulturele vlak kry leerders die geleentheid om aan kuns en kultuur projekte wat aangebied word deur die plaaslike distrik, deel te neem asook die Albertonse Eisteddfod waar leerlinge kan inskryf vir po?sie, gedramatiseerde items, kuns en fotografie.

Leerders by Laerskool Voorbrand kom ook vanuit ander aangrensende woonbuurte naamlik Rosettenville, Kenilworth, Bellavista, Turffontein, Haddon, Chrisville en Southdale. Die sentrale ligging van die skool in een van Johannesburg se ouer suidelike voorstede is binne ‘n radius van drie tot vyf km vanaf drie winkelsentrums, die Glen in Oakdene, Centro in Rosettenville en Southdalesentrum met restaurante, dokters spreekkamers by al drie van die sentrums, ‘n biblioteek in Southdale en rolprent teaters by die Glen.

Die area bied ook ten minste vyf keuses van beide Afrikaanse en Engelse staatsho?rskole in die omliggende area van Forest Hill aan, naamlik Fakkel, Forest Hill High, The Hill High, Sir John Adamson High, en President Ho?r.

Die skool se filosofie van versorging lei ook na sosiale uitreikings programme wat verseker dat gereelde hulp uitgereik word aan behoeftige leerlinge binne die skool gemeenskap. ‘n Georganiseerde voedingskema en klerebank is saamgestel vir die deurlopende verskaffing van voedsel, klere en skryfbehoeftes waar dit benodig word.

Hier is 'n "Virtual Your" van die skool.

Related Articles

What you need to know about city budgets
Private Property Reporter | 07 Apr 2026

What you need to know about city budgets

Be aware of how much influence you have in your city’s budget and how your contributions are used.

Trafalgar embraces AI to enrich property management services
Private Property Reporter | 07 Apr 2026

Trafalgar embraces AI to enrich property management services

Trafalgar introduces AI tools delivering instant property guidance, real-time insights, and improved rental marketing for sectional title and HOA users.

If an estate agent ghosts you
Wakefields | 01 Apr 2026

If an estate agent ghosts you

Understanding why an agent stops responding to communications or viewing requests can help home seekers respond constructively and keep their property search moving.

sample image of property alerts

Get instant property alerts

Be the first to see new properties for sale.
;