29 ha Smallholding in Bela-Bela (Warmbaths)
Te Koop:
Jou eie netjies 3-Slaapkamerhuis in die Bosveld, PLUS 10 Persent aandeel in 'n 29 ha Kleinhoewe in die Limpopo Bosveld, te LoodsOord Ontwikkeling, BelaBela Bosveld op R101 pad na Modimolle
Kontanttransaksie
Geen oordragskoste
Onmiddellik beskikbaar
'n Uitsonderlike 2-in-1 aanbod: 'n 10 Persent aandeel in LOODSOORD ONTWIKKELING BK, wat n 29 ha kleinhoewe besit, plus jou eie permanente 3-slaapkamer woonhuis in hierdie veilige, gevestigde ontwikkeling naby BelaBela.
Ligging
Die eiendom is gelee naby Kleinkariba & Negester AftreeOord net buite Bela-Bela.
Maklike toegang vanaf die R101 17 km voor Modimolle.
Eienaars het toegang tot die kliniekfasiliteite by Negester.
Veiligheid
Die ontwikkeling bestaan uit 10 huise wat naby mekaar gele is, wat n natuurlike, lae-risiko leefomgewing skep.
Die woongedeelte is verder beveilig met:
- Gelektrifiseerde omheining
- Elektriese toegangshek met afstandbeheer selfoonbeheer
- Voltydse Opsigter in woonstel op die perseel
Hierdie kombinasie bied n stabiele en veilige omgewing vir permanente inwoners.
Transaksiestruktuur
- Verkoop sluit 'n 10 persent lidmaatskapbelang in die BK in
- Aandeel word direk in koper se naam geregistreer na ontvangs van koopbedrag
- Geen oordragskoste
- Slegs kontantkopers
- Finansile state en Samewerkingsooreenkoms beskikbaar vir ernstige kopers
- Lede van BK moet die transaksie goedkeur
Die Woning -170 m²
- 3 slaapkamers met lugversorging
- 2 badkamers 1 rolstoelvriendelik
- Moderne kombuis met oond, stoof en dubbel-yskasruimte
- Oopplan sitkamer met lugversorging
- Groot braaikamer met ingeboude braai
- Skottelgoedwasser- en wasmasjienkoppeling
- Groot afdak met twee oprol-motorhuisdeure
- Toesluitbare stoorkamer met traliewerk
- Omheinde tuin honde toegelaat
Okkupasie:
Onmiddellik
Gemeenskaplike Fasiliteite
- 2 gasterondawels met n badkamer
- Swembad, lapa en braaigeriewe
- Sitrusbome, hoenderhokke, groentetonnels en stoor
- Opsigterwoonstel
Dienste
- Sterk boorgat waterverbruik word kwartaalliks verdeel
- Eskomkrag met individuele meters
Koste
- Koopprys: R1 350 000 vir 10-Persent BK-aandeel wat jou eie permanente woonhuis insluit
- Maandelikse heffing: R1 700 word jaarliks hersien op ledevergadering.
Reels
- Tot 2 honde per huishouding
- Gemeenskap funksioneer volgens die BK se Samewerkingsooreenkoms
- Jaarlikse verkiesing van bestuur
NOTA:
Water kom van 'n sterk boorgat. Verbruik word kwartaalliks verdeel. Elektrisiteit via Eskom, met individuele meters. Alles word professioneel bestuur deur die BK.
Reels vir Harmonie
Die gemeenskap funksioneer op wedersydse respek en duidelike reels. Tot 2 honde per huishouding word toegelaat. Munisipale reels vir geraas en gedrag geld. Die BK-bestuur word jaarliks verkies en hanteer alle dispute. Reels is duidelik uiteengesit in die Samewerkingsooreenkoms beskikbaar vir jou insae.
Hier koop jy nie net 'n huis niejy koop 'n leefstyl, 'n gemeenskap, en 'n plek waar jy net kan wees.
Property details
- Listing number Z50952
- Property type Small Holding
- Listing date 22 Apr 2026
- Land size 29 ha
- Floor size 170 m²
- Levies R 1 700
Property features
- Bedrooms 3
- En-suite 1
- Bathrooms 2
- Lounges 1
- Dining areas 1
- Covered parking 2
- Pet friendly
- Access gate
- Built in cupboards
- Fenced
- Patio
- Pool
- Satellite
- Scenic view
- Wheel chair friendly
- Kitchen
- Garden
- Electric fencing
- Built In braai
- Lapa
- Borehole
- Aircon