R 4 900 000
calculate bond costs

3 372.8 ha Farm in Upington Central

3 372.8 ha

Veeplaas tussen Prieska en Marydale, Noord-Kaap. n Uitsonderlike Bo-Karoo veeplaas, 70 km vanaf die naaste dorp gele - wat n skaars geleentheid bied vir die ernstige veeboer of belegger. Met uitstekende infrastruktuur, betroubare waterbronne en goed versorgde heinings is die plaas gereed vir onmiddellike produksie.

Die plaas is doeltreffend ingerig vir veeboerdery. Goeie toegangsroetes en n funksionele uitleg maak dit n sorgvrye boerderyeenheid met uitstekende waarde vir geld.

Weiding

Die plaas beskik oor gemengde sagteveld, met volop natuurlike weiding wat onder andere bestaan uit:

Die plaas is sonder Prosopis-besmetting

Kort- en langbeen-Boesmansgrasse

Verskeie pioniers-grassoorte

Karoobossies

Gannabosse

Watervoorsiening

12 krippe

4 windpompe

6 x 5 000-liter JoJo-tenks

Kampe en hanteringsgeriewe

Die plaas is verdeel in:

8 groot kampe

3 veehanteringskrale

Omheining en sekuriteit

Die hele plaas is rondom gelektrifiseer, wat sekuriteit en doeltreffende beheer van veeboerdery en roofdierbeheer verseker. Die plaas se grensheinings is in n goeie toestand. Een grens van die plaas is met jakkalsproef toegerus, terwyl die ander grense met stewige, diggespande 10-draad stokheinings omhein is.

Infrastruktuur

Geen Eskomkrag nie

1 groot stoor

1 klein stoor

1 arbeidershuis

Drakrag

Met n drakrag van ongeveer 1:36 GVE of 1:7 KVE is die plaas besonder geskik vir volhoubare veeboerdery onder tipiese Karoo-toestande, terwyl die natuurlike veld uitstekende weidingspotensiaal bied.

EIENAAR IS BTW GEREGISTREERD

BTW IS UITGESLUIT IN DIE VERKOOPPRYS

Nog n aangrensende plaas van ongeveer 3 314-ha is beskikbaar, slegs 5 km van hierdie eiendom gele, wat n uitstekende geleentheid bied vir strategiese uitbreiding en die skaalvergroting van bestaande landbou- of ontwikkelingsbedrywighede.

Kontak my gerus vir die besigting en meer inligting!

Property details

  • Listing number T5550215
  • Property type Farm
  • Listing date 13 Jul 2026
  • Land size 3 372.8 ha

Photo gallery