28.7 ha Smallholding in Nieuwoudtville
Kleinhoewe te koop in Nieuwoudtville - Noord Kaap
Unieke geleentheid vir n leefstyl kleinhoewe, kleinskaalse boerdery en vaste jaarlikse kontrak inkomste.
Hierdie uiters goed gelee kleinhoewe, 2.2 km vanaf Nieuwoudtville is te koop in die Noord-Kaap.
Hierdie landbou kleinhoewe is 28.6770 hektaar groot, ideaal vir aftrede in landbou omgewing met kleinskaalse boerdery of vir diegene wat in rustige omgewing wil woon en werk vanaf die huis.
Die dorp Nieuwoudtville is gelee op die Bokkeveld Platorand in n winter reenval area en matige somer klimaat. Die omgewing is wel bekend as die bolplant hoofstad in die wereld met n mooi jaarlikse blomme seisoen na winterreen gedurende Augustus en September.
Die kleinhoewe bied die volgende:
Goed opgepaste 2 slaapkamer huis wat die volgende bied:
2 x Slaapkamers
Sitkamer Leefarea
Kombuis met ingeboude kaste.
Groot vertrek teenaan kombuis as opwaskamer.
1 x Badkamer.
Watervoorsiening
1x Boorgat toegerus met windpomp.
Watertenk by huis - 2500 Liter
Veesuipings:
1 x Watertenk.
Kragvoorsiening:
Evkom prepaid beskikbaar.
Omheining:
Ten volle omhein.
Sekuriteit:
Volledige diefwering met veiligheishekke by huis.
Veiligheidsligte by huis.
Ekstra tot hierdie eiendom:
Selfoon toring op vaste kontrak wat jaarlikse inkomste lewer. Termyn van kontrak en jaarlikse huurbedrag op aanvraag beskikbaar
Eienaar is nie BTW geregistreer nie.
Hierdie is n goeie geleentheid om n stukkie landbougrond te besit en ideaal vir diegene wat buite dorpsgebied maar nie ver van dorpsgeleenthede wil woon nie.
Moenie huiwer nie. Skakel die agent vir verdere inligting of besigtiging.
Besigtiging slegs per afspraak.
Property details
- Listing number T4461850
- Property type Small Holding
- Listing date 19 Dec 2025
- Land size 28.7 ha
Property features
- Bedrooms 2
- Bathrooms 1
- Lounges 1
- Garage parking 1
- Pet friendly