400 ha Farm in Worcester Outlying
Uitstekende besproeiingsplaas met aansienlike ontwikkelingspotensiaal
Hierdie eiendom bied ''n besondere geleentheid vir die gevestigde landbouprodusent of belegger om ''n omvangryke besproeiingsplaas in die vrugbare Breriviervallei te bekom.
Alle bestaande landbougrond is volledig skoongemaak, voorberei en van behoorlike dreinering voorsien. Dit stel die nuwe eienaar in staat om die plaas volgens sy eie gewaskeuse, produksiebehoeftes en langtermyn-landboustrategie te ontwikkel.
GROND EN ONTWIKKELINGSPOTENSIAAL
Ongeveer 78 ha bestaande ontwikkelde landbougrond, toegerus met hoofbesproeiingslyne, pompstasies en stoordamme van 150 000 kubiek.
Additionele Landbougrond, wat die totale effektiewe ontwikkelingsoppervlakte tot ongeveer 130 ha insluit.
Die omgewings- en waterregte-aansoekproses vir die beoogde uitbreiding is reeds begin en die verifikasie form deel van registrasie.
Gedetailleerde grondklassifikasie en ontwikkelingsinligting beskikbaar.
WATER EN BESPROEIING
Watergebruiksregte van 886 500 m per jaar, afkomstig van die Le Chasseur-kanaal en Brerivier sal deel form van n transaksie.
Bestaande opgaardamme en besproeiingsinfrastruktuur.
78 hektaar Hoofbesproeiingslyyne reeds gevestig op die bestaande ontwikkelde grond.
Verdere waterregte word as deel van die beoogde uitbreiding nagestreef, onderhewig aan goedkeuring.
GEBOUE EN INFRASTRUKTUUR
Hoofwoning: 350 m²
Motorhuise en stoorkamers: 170 m²
Personeelbehuising: 165 m²
Oop staalafdak: 250 m²
Baksteenstoor: 220 m²
Totale strukture: 1 155 m²
MASJINERIE EN LOSGOED
''n Verskeidenheid plaasimplemente, trekkers, pompe, spuittoerusting en ander landboubenodigdhede is by die koopprys ingesluit, volgens ''n ooreengekome inventaris.
''N STRATEGIESE LANDBOUBELEGGING
Die waarde van Scherpenheuvel l in die kombinasie van voorbereide landbougrond, bestaande besproeiingsinfrastruktuur, gedokumenteerde waterregte en die potensiaal vir verdere uitbreiding asook logistiese ligging gepaardgaande met water tariewe.
Klimaat van die area is baie droog met baie min tot geen ryp asook besonderse lae reenval van onder 200 mm per jaar gemiddeld. Droe klimaat gepaardgaande met besonderse watersekuriteit bied n meer koste effektiewe bestuurprogram.
Met die omvangryke grondvoorbereiding, bied die eiendom ''n uitstekende geleentheid om ''n moderne, doelgerigte en produktiewe landbouonderneming te vestig.
Prys: R32 000 000 plus BTW, aangebied as ''n lopende saak.
Property details
- Listing number T5657554
- Property type Farm
- Listing date 16 Oct 2026
- Land size 400 ha
- Rates and taxes R 800
Property features
- Bedrooms 4
- Lounges 1
- Access gate
- Fenced
- Staff quarters
- Study
- Intercom
- Family TV room