New
R 2 500 000
calculate bond costs

126 ha Farm in Riversdale Outlying

1 1 126 ha

Farm For Sale in Riversdale

Uitsonderlike 126ha Leefstyl- en Landbouplaas - Vermaaklikheid-pad Riversdal

Waar rustigheid, natuurlike skoonheid en landboupotensiaal bymekaarkom, wag hierdie besonderse 126 hektaar plaas, slegs 20 km vanaf Riversdal uit op die gewilde Vermaaklikheid-pad.

Hierdie veelsydige landbou-eiendom bied die ideale geleentheid vir die koper wat droom van ''n rustige plattelandse leefstyl sonder om gerief prys te gee. Met ongeveer 20 hektaar bewerkbare grond, gevestigde waterinfrastruktuur en goed omheinde kampe, is die plaas reeds ingerig vir kleinskaalse boerdery en bied dit uitstekende geleenthede vir verdere uitbreiding.

Die huidige eienaar boer suksesvol met skape, terwyl die natuurlike veld en oop ruimtes die perfekte balans tussen produktiwiteit en landelike rustigheid skep.

Hoogtepunte van die Eiendom

126 hektaar landbougrond

Ongeveer 20 hektaar bewerkbare lande

2 x watergate toegerus met sonpompe

2 x sementdamme

6 x omheinde kampe

1 x 5 000 liter watertenk

Werkende septiese stelsel

Addisionele inkomstepotensiaal uit rooipitjiehout en dekriet

Woning met Uitbreidingspotensiaal:

''n klein, ongeveer 30m² woning, sowat tien jaar oud, bied onmiddellike verblyf en bestaan uit:

1 slaapkamer

1 badkamer met gasgeiser

Oopplan kombuisleefarea

Ingeboude braai

3 sonpanele vir energie-ondersteuning

Vir die koper wat groter droom, is bouplanne reeds beskikbaar vir ''n ruim 3-slaapkamer woning, wat hierdie eiendom die ideale basis maak om jou droomplaas te ontwikkel.

Bykomende Infrastruktuur

''n 6 meter skeepsvraghouer bied waardevolle stoorruimte of kan maklik omskep word in ''n werkswinkel, kantoor of addisionele berging nadat elektrisiteit gekoppel is.

''n Plaas met heelwat potensiaal

Of jou visie ''n produktiewe kleinskaalse boerdery, ''n rustige leefstylplaas, ''n naweekwegbreek of ''n langtermynbelegging is - hierdie eiendom bied die ruimte en infrastruktuur om dit te verwesenlik.

Met sy uitstekende ligging en natuurlike hulpbronne is dit ''n seldsame geleentheid om ''n plaas met soveel moontlikhede in die Riversdal-omgewing te bekom.

Kontak my vandag om ''n privaat besigtiging te rel en ontdek self die uitsonderlike potensiaal wat hierdie plaas bied.

BTW betaalbaar op transaksie.

Property details

  • Listing number T5679266
  • Property type Farm
  • Listing date 3 Nov 2026
  • Land size 126 ha
  • Rates and taxes R 108

Property features

  • Bedrooms 1
  • Bathrooms 1
  • Storage
  • Fireplace

Photo gallery