3 Bedroom House in Burgersdorp
Ruim Familiehuis te Koop
Hierdie ruim en netjiese familiehuis is ideaal gelee in Burgersdorp en bied uitstekende waarde sowel as potensiaal vir verdere ontwikkeling.
Die woning beskik oor 3 slaapkamers met ingeboude kaste, 2 gerieflike sitkamers en n eetkamer wat ideaal is vir familiebyeenkomste.
Die ruim kombuis word aangevul deur n aparte opwas area, wat praktiese daaglikse gebruik vergemaklik.
Vir onthaal bied die huis n binne braai-area met kroeg en wynrak perfek vir gesellige kuieraande.
Die groot erf bied volop ruimte vir kinders en troeteldiere, asook die potensiaal vir verdere ontwikkeling.
Buite geriewe sluit in n braai-area, JoJo tenks en n boorgat wat aandag benodig.
Parkering word voorsien deur 2 motorhuise en 2 motorafdakke, terwyl n stoorkamer en afdak ekstra stoor- en werkspasie bied.
Hierdie eiendom bied n uitstekende geleentheid vir kopers wat op soek is na ruimte, gerief en die potensiaal om waarde toe te voeg.
Property details
- Listing number T5443974
- Property type House
- Listing date 1 Apr 2026
- Land size 1 784 m²
Property features
- Bedrooms 3
- Bathrooms 1.5
- Lounges 2
- Dining areas 1
- Garage parking 2
- Covered parking 2
- Pet friendly
- Laundry
- Patio
- Staff quarters
- Garden