597 m² Land available in Gamtoos River Mouth
Pragtige hoek-erf met see-uitsig.
Ontwerp u eie huisie by die see op hierdie besonderse 597 m² perseel.
Eksklusiewe mandaat.
Gelee in die hartjie van die Gamtoosmond Kus-oord, bied hierdie hoek-erf van 597 m² n seldsame geleentheid om n pasgemaakte tuiste te skep. Hierdie perseel is die ideale opsie vir die koper wat waarde heg aan n hanteerbare grootte sonder om in te kort op ligging, privaatheid of uitsig. Eenvoudig gestel, die regte grootte vir iemand wat n droomhuis wil bou sonder om die hele naweek gras te sny.
Met die regte argiteks benadering kan n dubbelverdieping-woning die volle prag van die Indiese Oseaan ontsluit. Die erf is so geposisioneer sodat die boonste vlak ''n mooi uitsig oor die ontwikkelde oord na die Jeffreys baai kuslyn sal bieddie perfekte agtergrond vir u oggendkoffie of sonsondergang-onthaal.
Voordele van ''n hoek erf:
Groter privaatheid word gebied met slegs twee direkte bure voel die perseel oop en ruim.
Die ligging bied unieke opsies vir die plasing van motorhuise of ingange, ideaal vir diegene met n boot of karavaan.
Maksimum blootstelling aan natuurlike sonlig deur die dag.
Lewensstyl in Gamtoosmond
Om in Gamtoosmond te bel, is n keuse vir n rustiger, veiliger leefstyl te midde van die natuur.
Bekostigbare Instandhouding: Met n maandelikse heffing van slegs R 495, geniet u die voordele van n veilige landgoed, insluitend vullisverwydering, straatbeligting en uitstekende algemene instandhouding deur die GAMHOA-span.
Eksklusiewe Geriewe: Huiseienaars geniet privaat toegang tot die gemeenskaplike sleephelling slipwayn paradys vir die hengelaar en boot-geesdriftige.
Volhoubare Leefstyl: Die oord moedig die gebruik van sonenergie, gas en renwatertenks aan om in harmonie met die omgewing te leef.
Troeteldier-vriendelik: U is welkom om tot twee honde en twee katte saam te bring volgens Kouga-verordeninge.
Gereed vir Ontwikkeling: Munisipale punte vir water en elektrisiteit is reeds op die perseel beskikbaar.
U droomhuis begin hier. Hierdie hoek-erf bied die perfekte balans tussen ligging en bekostigbaarheid in een van die Oos-Kaap se mooiste kus-oorde.
Kontak my vandag om te kom kyk.
Property details
- Listing number T5468004
- Property type Residential Land
- Listing date 24 Apr 2026
- Land size 597 m²
- Rates and taxes R 300
- Levies R 495