Under Offer
R 26 588 000
calculate bond costs

2 312 ha Farm in Ventersburg

2 312 ha

Uitstekende 2 312 ha Bees- En Wildboerdery-Eenheid Te Koop Winburg Ventersburg

Hierdie goed-ontwikkelde, wildwerend omheinde plaas van 2 312 ha bestaan uit drie aanliggende dele Baskop, Florida en Braklaagte en bied n volwaardige bees- of wildboerdery-opset met moderne infrastruktuur en puik weidings. Die drie dele is afsonderlik, of as ''n geheel te koop.

DEEL 1 BEKEND AS BASKOP

Totale grootte: 668,1233 ha

R7 682 000

Vanaf Winburg, net voor Ventersburg, draai vanaf die N1 na die plaas.

Ongeveer 4 ha besproeiing uit die spruit wat die grens van Deel 1 vorm, en ongeveer 10 ha droelande. Die plaas is wildwerend omhein met binnekampe en geskik vir bees- of wildboerdery.

Daar is ''n koppie op die plaas, asook mooi natuurlike vlei- en rooigrasweidings. Die infrastruktuur, soos hekke en drade, is uitstekend. Daar is een arbeidershuis op die plaas, sowel as uitstekende veehanteringsgeriewe. Die plaas het 13 kampe, 15 waterkrippe, 3 gronddamme, 2 windpompe en 3 sementdamme. Daar is ook 1 dompelpomp, 1 sonpomp, 3 watertenks en 1 kraal. Die heinings is 2,4 m hoog en feitlik nuut, met baie goeie hekke. 11 kampe is links van die N1 en 2 kampe is regs.

Besproeiing uit die spruit, met ''n keerwal binne-in, maak besproeiing standhoudend. Sien kaart van plaas Baskop.

Drakrag: 15 GVE

Jaarlikse reenval: 550-600 mm

Veehanteringsgeriewe: Een stel pypkrale met ''n laaibank

Kontak die agente vir meer inligting.

DEEL 2 BEKEND AS FLORIDA

Totale grootte: 855,1529 ha

R9 832 500

Hierdie deel is die hart van al die plase. Aangrensend aan Deel 1 en Deel 3, met die hoofwoonhuis en ''n tweede woning. Skaapvoerkraal met lamhokke en krippe onder dak. Groot store, koelkamer, slaggeriewe en groot klip- en pypkrale. Wildwerende omheining wat ge-elektrifiseer kan word.

Daar is ''n pragtige plaashuis met kameratorings om die hele plaas vanaf die kantoor dop te hou. Algehele radionetwerk vir kommunikasie met alle voertuie en ook met handradios. Drade is in ''n uitstekende toestand - 2,4 m hoog, met elektriese skuifhekke. Deel 2 is geskik vir wild- of beesboerdery, met 17 kampe, 23 waterkrippe, 5 gronddamme, 7 windpompe, 6 sementdamme, 4 dompelpompe, 1 sonpomp, 4 watertenks en 1 kraal.

Hierdie is een van die beste beesplase in die omgewing, met uitstekende infrastruktuur en lande wat tans onder sorghum geplant is vir voer. ''n Derde woning op die plaas word tans uitverhuur. Sien kaart aangeheg.

Eskom: 12 kVA-sonstelsels, 5 kVA-sonstelsel en 35 kVA bystand kragopwekker

Drakrag: 15 GVE

Jaarlikse reenval: 550-600 mm

Kontak die agente vir meer inligting.

DEEL 3 BEKEND AS BRAKLAAGTE

Totale grootte: 789,6583 ha

R9 073 500

Uitstekende beesplaas met moderne infrastruktuur, insluitend pragtige beeskrale, store en ''n huis. Die plaas is opgedeel in 35 kampe, 22 waterkrippe, 2 gronddamme, 4 windpompe, 6 sementdamme, 1 rondekrip, 1 monopomp, 1 sonpomp en 1 kraal. Daar is verskeie store en arbeidershuise. Die weidings bestaan uit sagte beesweidings, rooigras en smutsvinger. Die kampe is klein en goed bewerk. Deel 3 grens aan Dele 2 en 4.

Eskom-kragvoorsiening

Drakrag: 15 GVE

Jaarlikse reenval: 550-600 mm

Kontak die agente vir meer inligting.

Property details

  • Listing number T5029081
  • Property type Farm
  • Listing date 30 Oct 2025
  • Land size 2 312 ha

Property features

  • Pet friendly

Photo gallery

Video