Under Offer
R 34 500 000
calculate bond costs

600.1 ha Farm in Heilbron

4 2 2 600.1 ha

Gevestigde Mega-plaas in die Vrugbare Riemland [removed] Nou Te Koop

Hierdie welbekende en gevestigde plaas, gelee in die ryk landbougebied tussen Heilbron en Frankfort, bied n uitsonderlike belegging vir die ernstige boer of kommersiele belegger. Met n bewese geskiedenis van suksesvolle grootskaalse boerdery, is die eiendom uitstekend ingerig vir beide kommersiele gewasverbouing en intensiewe veeproduksie.

n Skaars geleentheid om n volledig operasionele landbou-eenheid in een van Suid-Afrika se mees produktiewe streke te bekom.

Hierdie word verkieslik as Lopende Saak verkoop.

Die plase bestaan uit twee titelaktes en kan gesamentlik of afsonderlik aangekoop word.

Grootte en Grondgebruik

Totale grootte: 600.12 ha

Lande: 151 ha

Aangeplante weiding: 30,3 ha

Natuurlike weiding: 400,3 ha

Uitvalgrond: 15,8 ha

Infrastruktuur en Vaste Bates

(Volledige lys beskikbaar op aanvraag kontak Zenia via WhatsApp)

Voerkraal en Hanteringsfasiliteite

Voerkraal vir 2700 beeste in 28 kampe met betonvoerbakke (onder dak) en waterkrippe (onder skadunet)

Veehanteringsfasiliteit langs voerkraal met 2 troklaaipunte

9 Kuilvoerbunkers (gesamentlike kapasiteit: 6000 8000 ton)

LMI-weegbrug: 24m x 3m, 40 ton kapasiteit

Waterinfrastruktuur

8 Boorgate (5 toegerus sterk water)

Watervoorsieningsstelsel na verskeie punte op die plaas.

3 x 10 000L JoJo-tenks by hoofhuis

1 x 5000L JoJo-tenk by voerfabriek

Verskeie sementdamme, windpompe en solarpomp

Huis op werf met Buitegeboue

4 Slaapkamers ,2 Badkamers, Studeerkamer, 2 Leefareas, Eetkamer, Kombuis, Dubbel Motorhuis

Netjies onderhoude woning

Buitegeboue

3x4m Koelkamer

Stoorkamer en kombuisie

Voerfabriek-stoor, volledig toegerus om voere te stoor, te verwerk, te meng en uit te laai in voerwaens vir voer op gemeganiseerde basis.

10 Awegaars vir uitlaai van voer uit bunkers in voerwa

Hippo Hawermeule-eenheid

Elektriese Voermeule-eenheid met 2 Heklase tenks

Bakkiehysereenheid

Mieleisilo kapasiteit 550ton (22 ringe waarvan 25ton per ring)

Soja silo 300ton

Melasse silo 70 ton

Bessemer Meelsilo

Staal Mieliesilo

3 Kalwerhokke met afdakke en skuiwende krale (met individuele hokkies)

3 Afdak-voerstore

Melkstal, ou melkstal, kalwerkampe

Veehanteringsfasiliteite Onderdak met 3 Drukgange en Elektroniese Skaal, langs melkery/melkstal met 2 voertuig grootte hekke

Klipstal en ekstra stoorruimtes

1 Werkswinkel met stoor, kantoor en spasie vir trekkers ens

1 x Groot, sluitbare stoor vir implemente en trekkers

Kantoorgeriewe:

Gemeubileerde kantoor en konferensiekamer

Aparte toilet

Apteek

Werkerbehuising en Addisionele Geboue

10-slaapkamer hostel met kombuis en badkamer

16 werkershuise met Eskom-krag en songeysers

Gruisgat (bruikbaar vir padinstandhouding)

Tweede Plaas:

Windpompe (2), sementdamme (3), 10 000L watertenk

Solarpomp (geaktiveer indien nodig)

60 ha lande opgedeel in 30 ha, 10 ha en 20 ha

Spruit vloei tussen lande

Los Bates (Volledige lys beskikbaar):

Trekkers, Motorfiets, Laaigraaf, Werktuie, Spuite, Silos, Voerbakke, Kragopwekkers, Medisyne en plaasvoorraad

Lewende Hawe

60 Angus koeie (Soog en Dragtig)

4 Angus koeie

74 Angus slagosse

8 Volstruise

Gemiddelde reenval van 600-800mm per jaar

Geen werkers met permanente verblyfreg of grondeise nie.

Prestasie en Erfenis

Hierdie plaas het nie net aan die voorpunt van tegnologie gestaan nie dit was ook baanbrekend in landbou-ontwikkeling. Dit het ''n belangrike rol gespeel in:

Van die eerste embrio-oorplasings in SA.

Vestiging van n opleidingsfasiliteit vir studente van verskeie tersiere instellings.

Verskeie toekennings, insluitend Nasionale Boer van die Jaar en Vrystaatse Meester-Suiwelboer.

Kontak Zenia vir volledige dokumentasie en besigtigingsafsprake

Property details

  • Listing number T5104077
  • Property type Farm
  • Listing date 4 Jun 2025
  • Land size 600.1 ha

Property features

  • Bedrooms 4
  • Bathrooms 2
  • Lounges 2
  • Dining areas 1
  • Garage parking 2
  • Pet friendly
  • Study

Photo gallery