2 Bedroom House in Kleinfontein
Ruim 2 Slaapkamer Huis Te Koop in Kleinfontein Afrikaner Kultuurdorp net buite Pretoria Oos naby Rayton
Is jy moeg vir die besige lewe in die Stad? Kom koop n eiendom in Kleinfontein wat geleë is net buite Pretoria-Oos en geniet n gesonde leefstyl in n landelike atmosfeer terwyl jy steeds naby genoeg is aan alle geriewe byvoorbeeld Hospitale, Winkelsentrums, Skole ens.
Hierdie eiendom bied die volgende: 2 Slaapkamer, 1 volledige Badkamer met bad en stort, 2 Leef areas, groot Tuin, 1 toesluit Motorhuis met parkering vir 1 ekstra voertuig.
Kleinfontein is geleë bo-op die Magaliesberg met ''n panoramiese uitsig na die Bronberge. Kleinfontein is ''n eksklusiewe, Afrikaner Kultuurdorp en bied die volgende: n Wildpark, Tennisbaan, Rugbyveld, Winkelsentrum, Sorgsentrum en Natuurlike Damme.
Eiendom in Kleinfontein is te koop in die vorm van n Aandeleblokskema. Volgens Wikipedia word n Aandeleblokskema beskryf soos volg: ''n Aandeleblokskema is ''n vorm van eiendomsbesit in Suid-Afrika. In ''n Aandeleblokskema het eienaars sekere gebruikersregte op bepaalde blokke van eiendom in hul besit, terwyl ''n aandeleblokmaatskappy die hele eiendom besit. Die eienaars is aandeelhouers van hierdie aandeleblokmaatskappy en die gebruikersregte op ''n bepaalde deel van die eiendom is verskans in hul aandele.
Alle voornemende Kopers is onderhewig aan n Verblyf reg-keuringsproses. Besoek gerus Kleinfontein se webwerf vir meer informasie.
Kleinfontein is geleë op die Magaliesbergreeks, ongeveer 26 km Suid-Oos van Pretoria (naby Boschkop, Donkerhoek en Rayton) op die Historiese Terrein. Kleinfontein is gelukkig om baie natuurlike hulpbronne te h wat benut kan word bv water, son en wind.
Skakel een van ons Agente vandag vir meer informasie.
Property details
- Listing number T5196685
- Property type House
- Listing date 19 Aug 2025
- Land size 600 m²
- Floor size 110 m²
- Levies R 3 100
Property features
- Bedrooms 2
- Bathrooms 1
- Dining areas 1
- Garage parking 1
- Open parking 1
- Pet friendly
- Built in cupboards
- Kitchen
- Family TV room
Photo gallery
Video