R 2 150 000
calculate bond costs

3 Bedroom House in Kleinfontein

3 2 2 1 144 m² 300 m²

Three Bedroom House for sale

Prag Eiendom te koop in Kleinfontein Afrikaner Kultuurgemeenskap met ''n asemrowende uitsig oor Donkerhoek. Hierdie drie slaapkamer huis spreek van ruimte, met twee badkamers, oopplan leefarea en eetkamer, kombuis, dubbelmotorhuis en ''n stoep waar jy soggens die sonsopkoms kan geniet en saans die prag sonsondergange. Die wild loop ook vrylik rond en kom kuier elke dag. Hierdie eiendom het ''n ongelooflike mooi tuin, beskik oor sonkrag en het ekstra stoorruimte onder die stoep, asook ''n buite wendy . Die kaste in die huis is enige vrou se droom.

Kleinfontein is ''n Afrikaner kultuurgemeenskap, gelee ongeeer 20km uit Pretoria Oos en 7 km vanaf Rayton. Dit maak dit sentraal naby aan dorpe en stede waar jy al die nodige kan kry, en steeds tussen jou eie volk mense bly in ''n uiters rustige omgewing. Kleinfontein is ''n aandeleblokskema en voornemende kopers moet ''n induksie program bywoon en verblyfreg kry. Volg die muis na jou nuwe huis! Kontak Huis Muis eiendomme vandag nog en geniet ''n persoonlike besigtiging van hierdie fantastiese eiendom. Huis Muis Eiendomme bied ''n unieke eenstop-eiendomsopsie, met verkope, verhuring en kommersile eiendomme in Pretoria, Groter Gauteng, Cullinan, Rayton en Bronkhorstspruit en Kleinfontein. Ons kan jou ook help met finansiering of enige ander eiendomsverwante navrae. Moenie hierdie uitsonderlike geleentheid misloop nie! Skakel ons vandag nog.

Huis Muis Eiendomme: Bevoegdheid, Ervaring, Uitnemendheid.

Property details

  • Listing number T5369238
  • Property type House
  • Listing date 29 Jan 2026
  • Land size 1 144 m²
  • Floor size 300 m²
  • Levies R 3 200

Property features

  • Bedrooms 3
  • Bathrooms 2
  • En-suite 1
  • Dining areas 1
  • Garage parking 1
  • Open parking 1
  • Pet friendly
  • Built in cupboards
  • Kitchen
  • Garden
  • Scullery
  • Family TV room
  • Water included

Photo gallery