5 Bedroom House in Kleinfontein
Five bedroom house for sale in Kleinfontein
1 Ha hoewe te koop met ''n vyfslaapkamer Huis in Kleinfontein Afrikaner Kultuurgemeenskap. Die Prag eiendom het 5 Slaapkamers, 3 badkamers, oopplan leefarea met ''n vuurhert vir die koue wintersaande. Die kombuis is ook oopplan met ''n aparte opwaskamer. Daar is ''n 5.5KV Sonkrag stelsel asook ''n sonkrag waterverhitter. Daar is ''n reeds gevestigde groente tonnel, varkhokke en hoenderhok. Die eiendom het ''n dubbel motorhuis en buite stoorkamers wat baie maklik in ''n woonstel omskep kan word. Die hoewe het 232 vrugtebome insluitend pekanneute, amandels, sitrus, olywe , perskes, appels en pere en is onder besproeing. Daar is ''n heerlike kuier area onderdak met ''n ingeboude braaier.
Kleinfontein is ''n Afrikaner kultuurgemeenskap, gelee ongeveer 20km uit Pretoria Oos en 7 km vanaf Rayton. Dit maak dit sentraal naby aan dorpe en stede waar jy al die nodige kan kry, en steeds tussen jou eie volks mense bly in ''n uiters rustige omgewing. Kleinfontein is ''n aandeleblokskema en voornemende kopers moet ''n induksie program bywoon en verblyfreg kry. Volg die muis na jou nuwe huis! Kontak Huis Muis eiendomme vandag nog en geniet ''n persoonlike besigtiging van hierdie fantastiese eiendom. Huis Muis Eiendomme bied ''n unieke eenstop-eiendomsopsie, met verkope, verhuring en kommersile eiendomme in Pretoria, Groter Gauteng, Cullinan, Rayton en Bronkhorstspruit en Kleinfontein. Ons kan jou ook help met finansiering of enige ander eiendomsverwante navrae. Moenie hierdie uitsonderlike geleentheid misloop nie! Skakel ons vandag nog.Huis Muis Eiendomme: Bevoegdheid, Ervaring, Uitnemendheid.
Property details
- Listing number T5222726
- Property type House
- Listing date 9 Sep 2025
- Land size 1 ha
- Floor size 209 m²
- Levies R 3 000
Property features
- Bedrooms 5
- Bathrooms 3
- En-suite 1
- Garage parking 2
- Pet friendly
- Built in cupboards
- Laundry
- Patio
- Walk in closet
- Kitchen
- Garden
- Scullery
- Pantry
- Family TV room
- Fireplace
- Irrigation system
- Water included