R 2 060 000
calculate bond costs

3 Bedroom House in Kleinfontein

3 2 1

Unieke Leefstyl, Veilig in die hart van die Bosveld.

Besonderse Leefstyle in die pragtige bosveld.

Hierdie aandeelhouding-eiendom bied jou die geleentheid om tot 100 aandeeleienaarskap te verkry in ''n veilige, omheinde nedersetting omring deur pragtige bosveld- en natuurlewe-uitsigte.

Die woning beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en ''n ruim oopplan kombuis en leefarea. Gedeeltelike sonkrag, addisionele wateropgaartenks, asook ''n elektriese stoof en oond sorg vir gerief en praktiese leefstyl. Geniet gereelde wildbesoeke vanaf die dek terwyl jy die rustige natuuromgewing inneem.

Vol titel-aandele in die skema

Omvattende sekuriteitstelsel

Pragtige natuurtonele en asemrowende sonsondergange

Kleinfontein is ''n gevestigde 860 hektaar nedersetting naby Donkerhoek, ongeveer 20 minute oos van Pretoria. Die gebied bied ''n besondere gemeenskapsgevoel, veiligheid en ''n unieke leefwyse.

Kom ervaar die rustigheid van die natuur en word deel van hierdie besondere leefstyl.

Property details

  • Listing number T5495434
  • Property type House
  • Listing date 21 May 2026

Property features

  • Bedrooms 3
  • Bathrooms 2
  • Garage parking 1

Photo gallery