3 Bedroom House in Kleinfontein

3 2.5 3 531 m² 177 m²

RUSTIGE LEWE OMRING DEUR DIE NATUUR

Kleinfontein is n unieke plattelandse kultuurdorp waar veiligheid, n vreedsame leefstyl, dienslewering en n skoon omgewing eerste gestel word. Sekuriteit sluit n omheining om die dorpie, streng toegangsbeheer, veiligheidskameras en patrollies in.

Die dorpie bied verskeie moderne geriewe en is binne 20 minute van groot stadsbesigheidssentrums, terwyl Rayton minder as 10 km weg is albei bereikbaar via n teerpad.

Moderne geriewe sluit in:

Dokterspraktyk en apteek.

Winkels.

Groot gemeenskaplike swembad.

Rugbyveld en tennisbane.

Visvanggeriewe en n natuurreservaat.

n Aftreeoord waarop die gemeenskap trots kan wees.

Hierdie spesifieke huis in Kleinfontein is met sorg gebou en uitstekend instand gehou. Dit bied nie net die gewone oopplan uitleg wat n mens van n twee slaapkamer, twee badkamer huis met n aparte een slaapkamer woonstel en tuin sou verwag nie, maar ook ekstra voordele:

Selfonderhoudende krag:

6 550 W sonpanele.

5 kW sonkrag inverter.

5 kW sonkrag battery.

Sonkrag geiser.

Gasstoof.

Water:

Buite netwerk watervoorsiening direk vanaf Kleinfontein se sterk, konstante fontein van skoon water wat gereeld getoets word.

Watervoorsiening is ingesluit by die heffings.

Bykomende geriewe:

Ingeboude kaste in al die slaapkamers en kombuis.

Ingeboude yskas en vrieskas.

3 lugversorgers.

Klein JoJo tenk.

Outomatiese motor op die werkswinkeldeur, tuinhek en motorhek.

Algemeen:

Eienaarskap kan dalk in die toekoms oorgeskakel word na voltitel, maar dit is nie tans die geval niel.

Losstaande items wat nie hierbo genoem word nie, is uitgesluit.

Kontak die adverteerder so gou moontlik om teleurstelling te voorkom. Kom kyk self - sulke goeie waarde teen so n prys moet n mens met jou eie oe bevestig.

Property details

  • Listing number T5570556
  • Property type House
  • Listing date 30 Jul 2026
  • Land size 531 m²
  • Floor size 177 m²
  • Levies R 3 500

Property features

  • Bedrooms 3
  • Bathrooms 2.5
  • Lounges 2
  • Dining areas 1
  • Covered parking 3
  • Flatlets
  • Pet friendly
  • Laundry
  • Patio
  • Security post
  • Garden

Photo gallery