R 3 000 000
calculate bond costs

3 Bedroom House in Mookgophong (Naboomspruit) Outlying

3 2 2 159 m²

3 Bedroom House for Sale in Die Oog

Luukse Off Grid Huis te Koop in Die Oog Aftreelandgoed - Mookgophong Naboomspruit

Aftrede in hierdie huis beteken die volgende:

Die hoofslaapkamer met dubbelglasdeure na buite. Instap aantrek kaste, en suite badkamer met inloop stort en dubbel wasbakke

Die 2 de slaapkamer se badkamer het bad en stort

Die 3de slaapkamer is omskep in ''n studeerkamer met werkstasie, kaste en laaie

Al die vertrekke beskik oor dakwaaiers

Al die vensters wat noord wys het blinders

''n Kenmerk van hierdie huis is baie hout kaste regdeur die huis

Die kombuis is toegerus met gas stoof plate, graniet blaaie en groot werkspasies en kaste

Die oopplan uitleg vanaf die sitkamer na die eetkamer na die braaikamer skep gevoel van ruimte. Dit loop uit op die patio wat bedek is met koel cromadeck dak

Vir ekstra sekureit is die groot leefarea vensters en glasdeure toegerus met afstandbeheerde trellidoor roller shutters

''n Ruim waswerkskamer grens agter die dubbel motorhuis met dubbel motorafdak voor

Hierdie woning het nie beurtkrag nie - dit is toegerus met 7kVA sonkrag stelsel met lithium batterye, en son geyser wat in al die kragbehoeftes voorsien. Daar is steeds voorafbetaalde elektrisiteit beskikbaar indien nodig.

Die sentrale verkoeling stelsel verseker aangename temperatuur regdeur die huis gedurende warmer maande

Die 5 reenwater tenks verskaf water aan die tuin, Daar is ''n waterbesproeingstelsel

Hierdie is die ideale aftrede weg van die gewoel en lawaai van die stad in ''n veilige, stil bosveld omgewing met bokkies wat wat rondom wei terwyl daar genoeg aktiwiteite in die landgoed plaasvind om besig te bly

Die maandelikse heffing sluit in:

Weeklikse skoonmaakdiens

Tuindiens

Versekering van geboue

Water en riool

Gebruik van warm en koue swembaddens en tennisbane

En 24 uur heksekuriteitsdienste

Daar is verskeie klubs en aktiwiteite waaraan persone kan deelneem

Etes is beskikbaar, biblioteek, suster aan diens, gesondheidsorgsentrum, haarsalon, motorwasdiens, tuisnywerheid, dameskroeg, winkel, teetuin, restaurant en wildskamp.

Ideale aftrede in boomryke bosveldomgewing met baie geriewe

Kontak my en kom kyk gerus na hierdie uitsonderlike aftree woning

Property details

  • Listing number T4258451
  • Property type House
  • Listing date 25 May 2026
  • Floor size 159 m²
  • Rates and taxes R 1 400
  • Levies R 4 696

Property features

  • Bedrooms 3
  • Bathrooms 2
  • Lounges 2
  • Dining areas 1
  • Garage parking 2
  • Pet friendly
  • Laundry
  • Patio
  • Security post
  • Garden

Photo gallery

Video