2 Bedroom House in Mookgophong (Naboomspruit) Outlying

2 1 1 350 m² 74 m²

Pragtige 2 slaapkamer woning by Die Oog Aftree-Landgoed.

Netjiese aftree huis in die hartjie van die Bosveld.

Hierdie is n netjiese, privaat losstaande eiendom in n uitmuntende toestand met standaard afwerkings en baie meer as wat die fotos kan wys. Met die wonderskone natuur om jou, omring deur groot hoe bome. n Ryk voel lewe en wildsbokkies wat tussen die wooneenhede kom kuier.

Met die intrapslag omhels die warmte van die oop leefarea jou. Die leefarea is deel van die oopplan kombuis.

Pragtige moderne kombuis met genoeg kaste, graniet blaaie, ''n twee plaat elektriese stoofblad met plek vir n wasmasjien en ''n regop yskasvrieskas kombinasie.

Die huis het twee slaapkamers. Die hoofslaapkamer is ruim met ''genoeg ingeboude kaste. Die badkamer bestaan uit n stort, toilet, ingeboude wasbak en is geteel. Die tweede slaapkamer vloei uit die leefarea uit en het ook ingeboude kaste.

Die leefarea is ruim en het genoeg plek vir ''n sitkamer - en ''n eetkamerstel.

Die tuin is klein en netjies.

Daar is ''n afdak vir jou voertuig.

Die woon eenheid is baie sentraal gelee, stapafstand van die sorgsentrum, restaurant, swembad, tennisbane en baie meer fasiliteite om van te droom.

Skakel my vandag om nie hierdie droomwoning te mis nie!

Property details

  • Listing number T5247373
  • Property type House
  • Listing date 29 Sep 2025
  • Land size 350 m²
  • Floor size 74 m²
  • Rates and taxes R 550
  • Levies R 4 099

Property features

  • Bedrooms 2
  • Bathrooms 1
  • Lounges 1
  • Covered parking 1
  • Pet friendly
  • Patio
  • Pool
  • Security post
  • Garden

Photo gallery