2 Bedroom House in Mookgophong (Naboomspruit) Outlying
Pragtige 2 slaapkamer woning by Die Oog Aftree-Landgoed.
Pragtige Grasdakhuis te Koop in Gesogte Oog Aftreelandgoed.
Sjarmante en gerieflike aftree-opsie in ''n gevestigde omgewing. Hierdie lieflike grasdakeiendoms is perfek gelee in die hoogs gesogte Oog Aftreelandgoed.
Die eiendom is stapafstand vanaf al die landgoed se uitstekende fasiliteite en bied ''n rustige, sorgvrye leefstyl in ''n spoggerige, gevestigde area.
Vir absolute gemoedsrus werk die landgoed in vennootskap met die SAVF om professionele en bekostigbare mediese sorg direk op die perseel te bied. Professionele ondersteuning kan ook op versoek direk in die gemak van jou eie huis gelewer kan word.
Die eiendom bied:
-2 Ruim slaapkamers met oorgenoeg ingeboude kaste.
-Moderne kombuis toegerus met ''n praktiese gasstoof, oond en netjiese afwerkings.
-Oopplan-leefarea met die gesellige atmosfeer wat net ''n grasdak kan bied.
-Volledige badkamer met beide ''n bad en ''n stort.
-Enkel motorafdak wat veilige skuiling vir jou voertuig bied.
-Buite-kuierarea wat perfek is vir oggendkoffie of om die rustige omgewing te geniet.
Hierdie eiendom kombineer die unieke karakter van ''n grasdak met moderne geriewe, topvlak mediese sekuriteit en die rustigheid van die Bosveld. Ideaal vir diegene wat op soek is na vrede, gerief en ''n hegte gemeenskap.
Kontak ons vandag nog om ''n privaat besigtiging te reel!
Property details
- Listing number T5617261
- Property type House
- Listing date 9 Sep 2026
- Land size 250 m²
- Floor size 75 m²
- Rates and taxes R 800
- Levies R 4 162
Property features
- Bedrooms 2
- Bathrooms 1
- Lounges 1
- Dining areas 1
- Covered parking 1
- Pet friendly
- Pool
- Security post
- Garden