2 Bedroom House in Mookgophong (Naboomspruit)
EKSKLUSIEWE MANDAAT SKAAL AF IN STYL SONDER OM OP GERIEF IN TE BOET!
EKSKLUSIEWE MANDAAT - Gemaklike Aftreewoning met Privaat Binnehof en Lapa
Hierdie netjiese tweeslaapkamerwoning met twee badkamers, ''n oopplan-kombuis met granietwerkblaaie, ''n gesellige sitkamer en ''n lapa met ingeboude braai bied die ideale geleentheid om rustig af te tree en af te skaal sonder om op ruimte en gerief in te boet.
Wanneer jy by die voordeur instap, word jy verwelkom deur ''n gerieflike sitkamer met ''n skuifdeur wat na buite oopmaak en natuurlike lig na binne laat stroom. Aan jou linkerkant is die oopplan-kombuis met smaakvolle granietwerkblaaie en praktiese kombuiskaste wat voldoende pakplek bied.
Wanneer jy die kombuis binnegaan, vind jy die eerste slaapkamer aan jou linkerkant. Vanuit die kombuis, verby die kombuiskaste en die gerieflike ontbythoekie, kry jy toegang tot die gastebadkamer.
Aan die verste punt van die kombuis is die ruim hoofslaapkamer, wat ook oor ''n skuifdeur na buite beskik. Aan die linkerkant van die slaapkamer is die en suite-badkamer, asook ''n gerieflike ekstra vertrek wat ideaal as ''n aantrekkamer, stokperdjiekamer of bykomende stoorruimte gebruik kan word. Die hoofslaapkamer beskik boonop oor ruim ingeboude kaste wat voldoende breplek bied.
Buite wag ''n privaat, geplaveide binnehof waar jy die rustigheid van die Bosveld kan geniet. Aan jou regterkant is die lapa met sy ingeboude braai die perfekte plek om saam met familie en vriende te kuier. Langs die muur is ''n smal tuinbedding waar tuinliefhebbers na hartelus kan plant en hul eie groen hoekie kan skep. Die binnehof bied ook genoeg ruimte vir ''n gemaklike tuinbankie of ''n ekstra kuierstel.
Die eiendom beskik verder oor een onderdakparkeerplek.
Hierdie bekoorlike woning bied ''n wonderlike balans tussen gemak, privaatheid en praktiese leefruimte ideaal vir diegene wat hul aftreejare in ''n rustige, maklik onderhoubare woning wil geniet.
Terwyl alle pogings aangewend is om die akkuraatheid van die inligting wat verskaf is te verseker, kan Century 21 Bushveld en sy agente nie verantwoordelik gehou word vir enige foute, weglatings of wanvoorstellings nie. Alle inligting word te goeder trou verskaf en behoort onafhanklik deur voornemende kopers geverifieer te word.
Property details
- Listing number T5672992
- Property type House
- Listing date 29 Oct 2026
- Floor size 83 m²
- Rates and taxes R 741
- Levies R 4 437
Property features
- Bedrooms 2
- Bathrooms 2
- Lounges 1
- Dining areas 1
- Pet friendly
- Patio
- Built In braai