House in Mookgophong (Naboomspruit)

1 1 250 m²

Caravan stand with private ablution

Kammaland Estate Landgoed, is n aftreeplek and vakansieoord, so 17km vanaf Mookgopong Naboomspruit.

Hierdie karavaanstaanplek het n onderdak van so 6.5m x 4m asook n afdak vir n voertuig. Eienaar beskik oor eie privaat ablusiegeriewe, naamlik n opwasarea en stortkamer. Daar is voldoende ruimte in die opwasarea vir n yskas. Voorafbetaalde elektrisiteit en n gasgeiser is geinstalleer. Aanbouings en verandering word toegelaat. Die lae maandelikse heffing sluit gebouversekering, water, instandhouding van die gemeenskaplike areas, ensovoorts in.

Of u nou op soek is na n permanente woning in n ondersteunende gemeenskap of n rustige vakansiewegbreek, hierdie eiendom bied n uitstekende geleentheid. Klein troeteldiere word toegelaat.

Die landgoed is bekend vir sy inheemse bosveldbome, volop voellewe en vrylopende wild, wat inwoners n ware ontsnapping van die stadslewe bied.

Inwoners het toegang tot n verhitte binnenshuise swembad asook n sprankelende kouewaterswembad, gemeenskaplike braaigeriewe en piekniekareas.

Beheerde toegang.

Putt-puttbaan, jukskeibaan en sportveld.

Kinderspeelpark.

Opelugkerkie n pragtige en rustige plek vir nadenke en besinning.

Saal vir byeenkomste en privaat funksies.

Klein honde word toegelaat.

Lae maandelikse heffing.

Voorafbetaalde elektrisiteit.

Kammaland Estate is n geregistreerde aandeelblok-entiteit waar eienaars aandele in die maatskappy koop. Geen hereregte is betaalbaar nie slegs n administratiewe fooi word gehef.

Kammaland Estate is n plek waar bure hegte vriende word en elke dag soos n wegbreek voel. Dit is ideaal as n permanente aftreeplek, n naweekwegbreek of n beleggingsgeleentheid om ekstra inkomste te genereer.

Slegs kontantkopers.

Moenie hierdie geleentheid misloop nie kontak my vandag om n besigtiging te reel!

Property details

  • Listing number T5520459
  • Property type House
  • Listing date 13 Jun 2026
  • Land size 250 m²

Property features

  • Bedrooms 0
  • Bathrooms 1
  • Covered parking 1
  • Pet friendly
  • Pool

Photo gallery