2 Bedroom House in Mookgophong Outlying
Netjiese toesluit en ry aftree-eenheid by Die Oog Aftree Landgoed.
Pragtige aftreewoning te koop in Die Oog Aftreelandgoed.
Hierdie gerieflike, lae-onderhoudwoning bied privaatheid en is strategies gelee naby die sorgsentrum, swembad en restaurant.
Die huis beskik oor n ruim oopplankombuis wat naatloos na die sitkamer vloei. Die kombuis spog met houtwerkblad-afwerkings, oorgenoeg ingeboude kaste en ruimte vir n lugbraaier, mikrogolfoond en yskas.
Die hoofslaapkamer is ruim genoeg vir ''n dubbelbed en het volop kasruimte, terwyl die tweede slaapkamer gerieflik plek bied vir twee enkelbeddens. Die badkamer is volledig toegerus met ''n bad, toilet en wasbak.
As ''n spesiale bonus is daar ''n groot, toegemaakte lapa wat tans as ''n ekstra leefarea ingerig is. Dit bied maklik plek vir ''n sitkamerstel, kaste en selfs ''n dubbelbed vir wanneer die kleinkinders kom kuier.
Die eiendom beskik ook oor ''n enkelmotorafdak.
Die Oog Aftreelandgoed bied ''n unieke, aktiewe leefstyl vir persone bo 50 wat die tradisionele aftree-oord wil vermy. Met sy rustige Bosveldomgewing, warm klimaat en uitstekende fasiliteite, fokus die landgoed op aktiewe veroudering met volledige ondersteuningsdienste.
Kontak my vandag nog om jou plek in die Bosveld te verseker!
Property details
- Listing number T5403887
- Property type House
- Listing date 26 Feb 2026
- Land size 100 m²
- Floor size 56 m²
- Rates and taxes R 800
- Levies R 3 944
Property features
- Bedrooms 2
- Bathrooms 1
- Lounges 1
- Dining areas 1
- Covered parking 1
- Pet friendly
- Patio
- Pool
- Security post
- Built In braai