2 Bedroom House in Mookgophong
Die Perfekte 2 slaapkamer 1 badkamer grasdak eenheid perfek gele
EKSKLUSIEWE MANDAAT- 2 SLAAPKAMER, 1 BADKAMER GRASDAK MET RUIM TUIN EN PERFEKTE LIGGING
Hierdie besonder netjiese en goed gelee eenheid in die gewilde Die Oog Aftree Landgoed bied n unieke kombinasie van gerief, ruimte en rustige leefstyl. Die grootste bate van hierdie eiendom is ongetwyfeld sy uitstekende ligging naby al die landgoed se geriewe, tesame met n ruim, privaat erf en tuintjie groter as die meeste eenhede in die landgoed.
By aankoms stap jy vanaf die enkel afdak deur die tuinhekkie die eiendom binne. Die ruim tuintjie, netjies omhein met n muur, skep onmiddellik n gevoel van privaatheid en rustigheid. Soos jy na die voordeur beweeg, is die lapa aan jou linkerkant gelee.
Met ingang by die voordeur vind jy links die sitkamer n ruim en uitnodigende leefarea wat gemaklike daaglikse leef moontlik maak. n Skuifdeur lei vanuit die sitkamer direk na die lapa, wat naatloos met die huis verbind is. Hierdie buiteleefruimte beskik oor n ingeboude braai en n klein stoorkamer, met die braai netjies weggesteek agter pragtige houtafwerking ideaal vir onthaal in styl.
Feitlik reg voor jou vanaf die voordeur is die hoofslaapkamer, wat spog met n volle muur van ingeboude kaste. Die venster kyk uit op die tuin en bring n rustige, natuurlike gevoel na die vertrek.
Aan die regterkant van die woning strek n lang kombuisarea met stylvolle granietblaaie prakties en funksioneel ingerig. Verder regs is n tweede, kleiner kamer wat perfek aangewend kan word as n kantoor of ekstra slaapkamer.
Die badkamer is aan die linkerkant, aangrensend tot die kombuis, en is toegerus met n ruim stort, toilet en wasbak.
Die Oog Aftree Landgoed staan bekend vir sy leuse van aktiewe aftrede, en met hierdie eiendom is al die geriewe gerieflik net oorkant die pad gelee. Die privaat tuintjie bied n rustige atmosfeer en volop ruimte vir die tuinliefhebber om na hartelus te plant en te geniet.
Eiendomme met hierdie tipe ruim tuin is skaars in die landgoed n werklike juweel wat nie misgeloop moet word nie.
Skakel my vandag nog om n besigtiging te reel!
Alhoewel elke poging aangewend is om die akkuraatheid van die verskafte inligting te verseker, kan Century 21 Bushveld en sy agente nie aanspreeklik gehou word vir enige foute, weglatings of wanvoorstellings nie. Alle inligting word te goeder trou verskaf en moet onafhanklik deur voornemende kopers geverifieer word.
Property details
- Listing number T5447110
- Property type House
- Listing date 5 Apr 2026
- Floor size 78 m²
- Rates and taxes R 648
- Levies R 4 199
Property features
- Bedrooms 2
- Bathrooms 1
- Lounges 1
- Dining areas 1
- Garden
- Built In braai
- Lapa