2 Bedroom House in Mookgophong
LEEF TUSSEN WILD EN NATUUR IN DIE HARTJIE VAN DIE BOSVELD
BOSVELD LEEFSTYL IN CONSTANTIA OORD, NABOOMSPRUIT
Hierdie pragtige huisie in die hartjie van die Bosveld is gelee in Constantia Oord, Naboomspruit.
Geniet rustige boswandelings tussen kameelperde, verskeie boksoorte en n besonderse voellewe n ware natuurervaring reg op jou voorstoep.
Die huis bestaan uit twee slaapkamers, asook n netjiese loft wat ruim genoeg is vir twee enkelbeddens met voldoende beweegruimte.
By aankoms word jy verwelkom deur n goed uitgelegte voortuin wat lei na die eerste ruim vertrek n toegemaakte lapa met seilafskortings en n ingeboude braai, ideaal vir kuier saam met familie en vriende.
Van hier vloei die woning na n netjiese oopplan kombuiseetkamerspasie. Vanuit die eetkamer bereik jy die volledige gastebadkamer stort, bad, toilet en wasbak. Net voor die badkamer is daar n ruim area met ekstra kaste, asook plek vir n wasmasjien, tuimeldroer en n wasgoedtrog.
Op pad na die sitkamer vind jy die trappe na die loft, wat netjies afgerond is en praktiese akkommodasie bied.
Die sitkamer, met skuifdeur na buite, skep n lekker ligte en oop leefruimte. Vanuit die sitkamer beweeg jy na die ruim hoofslaapkamer met en-suite badkamer, aangevul deur ekstra ingeboude kaste aan weerskante op pad na die badkamer.
Buite bied die eiendom:
n Dubbele afdak
n Netjiese, afgeslote tuintjie met houtreelings
n 2 x 3 meter tuingereedskapskamer
Hierdie woning is besonder netjies en uitstekend onderhou werklik turn-key ready.
n Ideale keuse vir iemand wat rustigheid, natuur en gerief wil kombineer.
Alhoewel elke poging aangewend is om die akkuraatheid van die verskafte inligting te verseker, kan Century 21 Bushveld en sy agente nie aanspreeklik gehou word vir enige foute, weglatings of wanvoorstellings nie. Alle inligting word te goeder trou verskaf en moet onafhanklik deur voornemende kopers geverifieer word.
Property details
- Listing number T5476807
- Property type House
- Listing date 5 May 2026
- Floor size 170 m²
- Rates and taxes R 200
- Levies R 3 850
Property features
- Bedrooms 2
- Bathrooms 2
- Lounges 1
- Dining areas 1
- Patio
- Garden
- Built In braai