2 Bedroom House in Mookgophong
Netjiese 2 Slaapkamer Huis in Gholfpark Ideaal vir Gemaklike Gesinslewe
Hierdie netjiese en goed versorgde woning in Gholfpark bied gemak, praktiese leefruimtes en uitstekende waarde vir geld. Perfek vir jong gesinne, afgetredenes of enigeen wat op soek is na rustige en veilige woonomstandighede.
Die huis beskik oor 2 ruim slaapkamers, 1 volledige badkamer, asook n aparte gastetoilet vir ekstra gerief. Die oopplan sit- en eetkamer skep n ruim en uitnodigende atmosfeer, terwyl die kombuis genoegsame ingeboude kaste bied vir al jou bergingsbehoeftes.
Geniet rustige oggende op die sonnige sonstoepie wat veilig met tralies toegemaak is. Aan die agterkant van die huis is daar n onderdak stoep ideaal vir kuier of ontspanning.
Buite bied die eiendom:
Dubbel motorhuis
Dubbel motor afdak
Watertenk met drukpomp
Ten volle omheinde erf vir privaatheid en veiligheid
Hierdie eiendom kombineer gemak, veiligheid en praktiese leefstyl in n gewilde sekuriteits woonbuurt. Moenie hierdie uitstekende geleentheid misloop nie!
Property details
- Listing number T5499473
- Property type House
- Listing date 26 May 2026
- Land size 434 m²
- Rates and taxes R 875
- Levies R 270
Property features
- Bedrooms 2
- Bathrooms 1.5
- Lounges 1
- Dining areas 1
- Garage parking 2
- Open parking 2
- Covered parking 2
- Pet friendly
- Built in cupboards
- Patio
- Kitchen
- Garden
- Guest toilet
- Water included