2 Bedroom House in Mookgophong (Naboomspruit)

2 1 73 m²

EKSKLUSIEWE MANDAAT Waterloop, Vollewe en Volmaakte Rustigheid

EKSKLUSIEWE MANDAAT Rustieke Boslewe langs n Rustige Waterloop in die Gesogte Die Oog Aftree Landgoed

Hierdie besonderse 2-slaapkamer grasdakhuis bied die ideale kombinasie van rustigheid, privaatheid en natuurlike skoonheid in die gewilde Die Oog Aftree Landgoed, Naboomspruit. Die grootste aantrekkingskrag van hierdie eiendom is sonder twyfel die uitstekende ligging langs n rustige waterloop wat n unieke boslewe-ervaring skep. Die toegeboude lapa, wat aan drie kante afgesluit is, bied ekstra privaatheid en n heerlike ruimte waar familie en vriende in alle seisoene saam kan kuier.

Wanneer jy vanaf die enkel afdak by die voordeur instap, word jy verwelkom deur n knus sitkamer wat die hart van die woning vorm. Regoor die hoofingang lei n deur jou na die lapa en die bosagtige gedeelte van die erf, waar die rustige natuurskoon en voellewe deel word van jou alledaagse leefstyl.

Links vanuit die sitkamer vloei die woning na die kombuisarea. Die eerste slaapkamer is aan die linkerkant gelee voordat die kombuis verder in die lengte van die vertrek uitstrek. Die badkamer is prakties aan die einde van die kombuisgedeelte geposisioneer, net voordat jy die ruim hoofslaapkamer bereik. Vir die koper wat verdere waarde wil toevoeg, is daar reeds n goedgekeurde skets beskikbaar vir die toevoeging van n en-suite badkamer by die hoofslaapkamer. Die nuwe eienaar hoef slegs die nodige bouplanne te laat opstel en die vereiste goedkeuringsproses te volg.

Die hoofslaapkamer beskik oor n skuifdeur wat direkte toegang bied tot die geplaveide buite-area, die lapa en die rustige bosomgewing. n Besonderse kenmerk van die woning is die glasvensters wat aan die grasdakkant van beide slaapkamers aangebring is. Hierdie vensters laat volop natuurlike lig instroom en versterk die warm, uitnodigende atmosfeer wat deur die hele huis ervaar word.

Liefhebbers van natuurlike, aardse afwerkings sal onmiddellik tuis voel. Die kombuis, badkamer, ontbythoekie en toonbankoppervlaktes is smaakvol afgewerk met klipteels wat die rustieke karakter van die woning perfek aanvul en n tydlose gevoel van kwaliteit en warmte skep.

Hierdie eiendom bied die ideale geleentheid om af te skaal sonder om privaatheid, ruimte of die gevoel van vryheid prys te gee. Geniet n rustige aftrede te midde van die natuur, met die sekuriteit, uitstekende geriewe en hegte gemeenskap waarvoor Die Oog Aftree Landgoed bekend is.

Kontak my vandag nog om n privaat besigtiging van hierdie unieke bosjuweel te reel.

Alhoewel elke poging aangewend is om die akkuraatheid van die verskafte inligting te verseker, kan Century 21 Bushveld en sy agente nie aanspreeklik gehou word vir enige foute, weglatings of wanvoorstellings nie. Alle inligting word te goeder trou verskaf en moet onafhanklik deur voornemende kopers geverifieer word.

Property details

  • Listing number T5513971
  • Property type House
  • Listing date 8 Jun 2026
  • Floor size 73 m²
  • Rates and taxes R 638

Property features

  • Bedrooms 2
  • Bathrooms 1
  • Lounges 1
  • Dining areas 1
  • Pet friendly
  • Garden
  • Lapa

Photo gallery