2 Bedroom House in Mookgophong Outlying
Netjiese, moderne 2 slaapkamer woning by Die Oog Aftree-Landgoed.
Netjiese aftree huis in ''n uitstekende toestand in die hartjie van die Bosveld.
Hierdie is n netjiese, privaat losstaande eiendom in n uitmuntende toestand met standaard afwerkings en baie meer as wat die fotos kan wys. Met die wonderskone natuur om jou, omring deur bome. n Ryk voel lewe en wildsbokkies wat tussen die wooneenhede kom kuier.
Met die intrapslag omhels die warmte van die oop leefarea jou. Die ruim leefarea en oopplan kombuis vorm ''n geintegreerde area.
Pragtige oopplan, moderne kombuis met genoeg kaste, graniet blaaie, ''n gasstoof en ''n elektiese oond met plek vir n regop yskasvrieskas kombinasie.
Uit die kombuis is ''n kort gangetjie met ''n groot linnekas.
Die huis het twee slaapkamers. Die hoofslaapkamer is ruim met genoeg ingeboude kaste. Die en-suitebadkamer bestaan uit n stort, toilet en ''n ingeboude wasbak op ''n granietblad. Die badkamer is geteel tot teen die dak.
Die tweede slaapkamer vloei uit die leefarea uit en het ook genoeg ingeboude kaste. Die tweede badkamer, wat tot teen die dak geteel is, bestaan uit ''n bad en ''n wasbak op ''n granietblad.
Die leefarea is ruim met genoeg plek vir ''n sitkamer - en ''n eetkamerstel.
Buite die sitkamer is ''n ruim grasdak lapa met ''n ingeboude braai en ''n granietblad kassie.
Die aftree woning se uitstaande kenmerk is ''n pragtige, goed versorgde watervriendelike tuin.
Daar is ''n ekstra groot enkel toesluit motorhuis met meer as genoeg plek vir ''n wasmasjien, tuimeldroer en ekstra pakplek. Die motorafdak is toe met seile waar ''n tweede voertuig gestoor kan word. Daar is ook parkering vir ''n addisionele voertuig.
Die hoek eenheid is goed gelee, stapafstand van die sorgsentrum, restaurant, swembad, tennisbane en baie meer fasiliteite om van te droom.
Skakel my vandag om nie hierdie droomwoning te mis nie!
Property details
- Listing number T5350782
- Property type House
- Listing date 14 Jan 2026
- Land size 300 m²
- Floor size 102 m²
- Rates and taxes R 877
Property features
- Bedrooms 2
- Bathrooms 2
- Lounges 1
- Dining areas 1
- Garage parking 1
- Covered parking 1
- Pet friendly
- Patio
- Security post
- Garden