2 Bedroom House in Mookgophong Outlying

2 1 250 m²

Ten volle gemeubileerde aftreehuis by Die Oog.

Netjiese, ten volle gemeubileerde aftree huis in ''n uitstekende toestand in die hartjie van die Bosveld.

Hierdie is n netjiese, privaat losstaande eiendom in n uitmuntende toestand met standaard afwerkings en baie meer as wat die fotos kan wys. Met die wonderskone natuur om jou, omring deur bome. n Ryk voel lewe en wildsbokkies wat tussen die wooneenhede kom kuier.

Met die intrapslag omhels die warmte van die oop leefarea jou. Die ruim leefarea en oopplan kombuis vorm ''n geintegreerde area.

Pragtige oopplan, moderne kombuis met genoeg kaste, graniet blad, ''n gasstoof en ''n elektiese oondtjie met plek vir n regop yskasvrieskas kombinasie. Daar is ook plek vir ''n outomatiese wasmasjien en skottelgoedwasser.

Die huis het twee slaapkamers. Die hoofslaapkamer is ruim met genoeg ingeboude kaste. Daar is ook ''n glas skuifdeur wat uitloop op die kuierarea.

Die tweede slaapkamer vloei uit die leefarea uit en het ook genoeg ingeboude kaste. Die Badkamer, wat tot teen die dak geteel is, bestaan uit ''n stort en ''n wasbak en toilet.

Die leefarea is ruim met genoeg plek vir ''n sitkamer - en ''n eetkamerstel. Daar is ook ''n glas skuifdeur wat op die kuier area uitloop.

Buite die leefarea is ''n ruim, geplaveide kuier area met ''n ingeboude braai.

Daar is ''n enkel motorafdak.

Die eenheid is goed gelee, stapafstand van die sorgsentrum, restaurant, swembad, tennisbane en baie meer fasiliteite om van te droom.

Eenheid word verkoop met al die meubels en toestelle ingesluit.

Skakel my vandag om nie hierdie droomwoning te mis nie!

Property details

  • Listing number T5351673
  • Property type House
  • Listing date 15 Jan 2026
  • Land size 250 m²
  • Rates and taxes R 390

Property features

  • Bedrooms 2
  • Bathrooms 1
  • Lounges 1
  • Dining areas 1
  • Pet friendly
  • Patio
  • Pool
  • Garden

Photo gallery