Sold

14.3 ha Land available in Groot Marico

14.3 ha

Hier is vir jou die ideale stukkie grond om jou eie te kom maak.

Gelee net buite Groot Marico, bekend vir sy Mampoer en Herman Charles Bosman kort verhale, le die mooiste 14.258ha bosveld plasie.

Die groot Marico Rivier vorm selfs een deel van die plasie se grens. Hierdie kan jou idilliese naweek wegbreek plasie of selfs inkomste genererende gaste plasie wees. As gevolg van die ryp vrye ligging van die eiendom kan dit moontlik weer, soos wat dit vir baie jare lank was, jou kwekery plasie wees waar verskeie soorte blomme, onder andere rose en vrugtebome gekweek word.van die ou kweek infrastruktuur is nog sigbaar.

Gemotiveerde Verkoper: Aangesien die huidige eienaar

self ver weg woon is die huise en ander infrastruktuur oor die jare geplunder en word die eiendom as vacant land en teen ''n baie redelikebekostigbare prys aangebied.

2 boorgate huidiglik nie toerus nie.

Geen Eskom elektrisiteits voorsiening op die eiendom nie.

Binne plasie, baie naby aan die N4 hoofweg.

Kom swem en baljaar in die rivier en kuier aande om onder die sterre terwyl stories rondom ''n bosveld vuur vertel word.

Hier is vir jou die ideale stukkie grond om jou eie te kom maak.

Property details

  • Listing number T5196050
  • Property type Residential Land
  • Listing date 18 Aug 2025
  • Land size 14.3 ha
  • Rates and taxes R 1
  • Levies R 1

Photo gallery