2 Bedroom House in Miederpark
Ruim woning met Eindelose Potensiaal op 'n 1 300 m² Erf
Eksklusiewe mandaat.
Hierdie netjiese en goed versorgde eiendom bied eindelose moontlikhede en is gele op ''n ruim 1 300 m² erf, ideaal vir toekomstige uitbreidings.
Die woning beskik tans oor 2 ruim slaapkamers en 2 badkamers, met uitstekende potensiaal om dit maklik na ''n 3- of selfs 4-slaapkamerhuis te omskep. Die solderkamer loft bied die perfekte geleentheid om as ''n ekstra slaapkamer, studeerkamer, tuiskantoor of ontspanningsarea ingerig te word.
Die huis bied ''n praktiese kombuis, ''n ruim sitkamer en leefarea wat na ''n gesellige stoep met ''n ingeboude braaier lei die ideale plek om familie en vriende te onthaal.
Buite wag ''n swembad, enkelmotorhuis en 2 motorafdakke, met genoeg veilige parkeerplek vir die hele gesin. Die ruim erf bied volop ruimte vir kinders om te speel of toekomstige uitbreidings.
Die buitekant van die woning is vanjaar nuut geverf, wat aan die huis ''n vars en netjiese voorkoms gee.
Eiendomskenmerke:
2 Ruim slaapkamers
2 Badkamers
Solderkamer loft met potensiaal vir ''n ekstra slaapkamer of tuiskantoor
Praktiese kombuis
Opwas Area
Ruim sitkamer en leefarea
Stoep met ingeboude braaier
Boorgat
Watertenk
Swembad
Enkelmotorhuis
2 Motorafdakke
Buitekant van die woning vanjaar nuut geverf
Groot 1 300 m² erf met eindelose ontwikkelingsmoontlikhede
Potensiaal om na ''n 3- of 4-slaapkamerwoning omskep te word
Naby skole, Spar en ander geriewe
Hierdie eiendom is ideaal vir gesinne wat ruimte, gerief en die geleentheid soek om hul droomhuis te skep. Met sy uitstekende ligging, groot erf en ongelooflike potensiaal is hierdie ''n geleentheid wat nie misgeloop moet word nie.
Kontak ons vandag nog om ''n privaat besigtiging te rel en ontdek die volle potensiaal van hierdie besonderse eiendom!
Property details
- Listing number T5566519
- Property type House
- Listing date 27 Jul 2026
- Land size 1 260 m²
- Rates and taxes R 1 000
Property features
- Bedrooms 2
- Bathrooms 2
- Garage parking 1
- Open parking 1
- Pet friendly
- Kitchen
- Water included