R 1 575 000
calculate bond costs

18 ha Farm in Upington Central

3 1 18 ha

Besondere vistas. Kleinhoewe met huis en woonstel so uur buite Upington.

Gele in die Groen Kalahari in die Grootdrink distrik, met Boegoebergdam, die Namibiese grenspos, asook Kgalagadi volgens ons binne kort afstand.

Wat hierdie eiendom uniek maak is die ligging op die Garriep Golden Mile asook lekker ruim spasie om jou, en natuurlik die woonstel met die huis kombinasie. Wat betref die uitsig, die sonsak vistas is absoluut besonders en daar sal bittermin eiendomme naby die Oranje rivier wees wat hiermee sal kan vergelyk.

Hierdie eiendom is nog een van daar selde eiendomme wat mens nie graag sal wil misloop nie aangesien daar so selde op die Golden Mile iets te koop kom wat soveel goeie waarde insluit.

Die eindom is gepas geprys en mag dalk net die eiendom wees wat alles aanspreek waarna u mag soek. Indien u opsoek is na n landelike plaas omgewing waar daar n lekker plaas atmosfeer heers, hierdie is dan vir u. Die uitsig is verstommend pragtig oor die besproeiings lande met die blou berge doer in die agtergrond.

Hierdie eiendom bied u n besonderse ligging, met twee wonings , heeltemal geskik vir ''n gerieflike selfonderhoudende plattelandse leefstyl, met geskikte water van die Oranjerivier kanaalstelsel. Tans is daar geen boorgat en sonkrag nie.

Praat met Jaco vir enige vrae of besprekings van u besigtiging van die eiendom by 072 MY AGENT.

Verdere inligting:

Grootte: 18Ha

Krag: ESKOM enkelfase

Water: Huiswater uit die kanaal sisteem wat gestoor word in plastiese water tenks en dam. Die water se gebruiks reg is 0.8 ha kanaalwater vir huishoudelike gebruik.

Verbeteringe: Hoofhuis, 2de woonhuis, verskeie motor skadunet afdakke,

Gevestigde tuin

Verskeie honde hokke.

Hoofhuis

3 Slaapkamers een met ingeboude kaste

1 badkamer met stort, toilet en wasbak

Sit of TV Kamer

Studeerkamer

2 stoepe onder dak

Kombuis is ruim met basiese opwas gedeelte. Reeds ingerig vir die Dover stoof.

2de Woonhuis

3 Slaapkamers, sonder ingeboude kaste

1 Badkamer met stort, toilet en wasbak.

Ooplan sit-, eet- en sonvertrek

Basiese kombuis gedeelte, met aangrensend opwas kamer.

Property details

  • Listing number T5384826
  • Property type Farm
  • Listing date 11 Feb 2026
  • Land size 18 ha

Property features

  • Bedrooms 3
  • Bathrooms 1

Photo gallery