5 Bedroom House in Loeriesfontein
5 Slaapkamer Huis te koop in Loeriesfontein
Hierdie pragtige en goed onderhoudende eiendom is te koop in die pragtige dorp, Loeriesfontein.
Die eiendom is uitstekend gelee in die dorp en word tans bedryf as n gastehuis.
Die eiendom bied die volgende:
5 Dubbele Slaapkamers met En-Suite badkamers. Elke kamer is toegerus met lugversorger.
Kombuis toegerus met werksplek en kaste.
Sitkamer Leefarea.
Waskamer met ingeboude kas.
Groot kuier stoep
Buitegeboue:
Eenman woonstel apart van die woonhuis.
Swembad - Tans nie in werking nie en bouwerk moet voltooi word.
Klein kombuis by eenman woonstel en swembad area.
2x Stoorkamers
Bonus tot hierdie eiendom:
15 Staanplekke vir karavane en tente met ablusieblok vir mans en dames.
Die woonhuis word verkoop met meubels soos tans toegerus vir gebruik as gastehuis.
Die verkoper is BTW geregistreer en BTW is by koopprys ingesluit.
Die eiendom is ten volle omhein.
Hier is n goeie geleentheid om n pragtige eiendom te koop en n inkomste te verdien.
Moenie dat hierdie geleentheid verbygaan nie, skakel die agent onmiddelik vir meer inligting en afspraak.
Besigtiging van die eiendom slegs op afspraak.
Property details
- Listing number T5332609
- Property type House
- Listing date 11 Dec 2025
- Land size 4 488 m²
Property features
- Bedrooms 5
- Bathrooms 5
- Lounges 1
- Flatlets
- Pet friendly
- Garden