New
POA

3 Bedroom House in Riviersonderend

3 2 3 991 m²

OVERBERG SJARME. n Stukkie Overberg!!!

Sjarme in die hartjie van die Overberg.

Ontdek die bekoring van plattelandse leefstyl in hierdie pragtige karaktervolle woning, ideaal gele in die rustige en gewilde dorpie Riviersonderend.

Hierdie besonderse eiendom verwelkom jou met warmte, karakter en tydlose sjarme. Die woning bied drie gerieflike slaapkamers en twee badkamers, terwyl die ruim oop plan-kombuis - en - leefarea n heerlike ruimte skep vir ''n ontspanne gesinslewe en kuier saam met vriende en familie.

Die oorspronklike hout vloere verleen n unieke elegansie en herinner aan die karakter en geskiedenis van hierdie lieflike huis. Buite wag n rustige, gevestigde tuin waar jy onder die skaduryke bome kan ontspan en die kalmte van die Overberg kan geniet.

Die erf is veilig omhein, wat dit n uitstekende keuse maak vir gesinne en hul geliefde vier voet vriende. Die eiendom beskik verder oor n enkel motorhuis en n gerieflike motorafdak. Die uitstekende ligging in n stil woonbuurt, binne maklike loopafstand van winkels en daaglikse geriewe, maak hierdie woning ng meer besonders.

Riviersonderend bied n gesogte en ontspanne plattelandse leefstyl, met n 9-putjie-gholfbaan, rolbalbaan en pragtige staproetes in die omgewing.

Hier kry jy die geleentheid om die eenvoud en rustigheid van die platteland te geniet, sonder om gerief prys te gee.

''n Eiendom vol karakter, warmte en potensiaal die ideale plek om jou nuwe hoofstuk in die pragtige Overberg te begin.

Moenie hierdie geleentheid deur jou vingers laat glip nie.

Property details

  • Listing number T5604313
  • Property type House
  • Listing date 30 Aug 2026
  • Land size 991 m²
  • Rates and taxes R 1 670

Property features

  • Bedrooms 3
  • Bathrooms 2
  • En-suite 1
  • Lounges 1
  • Garage parking 1
  • Open parking 1
  • Covered parking 1
  • Pet friendly
  • Access gate
  • Built in cupboards
  • Fenced
  • Laundry
  • Scenic view
  • Storage
  • Kitchen
  • Garden
  • Family TV room
  • Irrigation system

Photo gallery