Back Menu
Reik na die Sterre by Hoërskool Pietersburg.

Reik na die Sterre by Hoërskool Pietersburg.

Private Property South Africa
Anna-Marie Smith

Die ryke storieboom-tradisie van Hoërskool Pietersburg voorsien dat die skool leuse "Per Aspera ad Astra", wat beteken “Reik na die sterre” letterlik versterk word op die vroegste stadium van leerders se skoolloopbaan. Dis onder dié pragtige storieboom waar Gr8’s deur matrikulante getrakteer word met storie-voorlesings, terwyl verhoogverskynings vir ‘Aand van die Sterretjies’ geoefen word. Dit is maar een van baie gebruike wat PHS anders maak as ander skole.

Vele ander ryk tradisies by Pieties blyk duidelik uit die trots en integriteit van die skool, waar uitnemende leerders as leiers voorberei word om die uitdagings van die buitewêreld met passie, verantwoordelikheid en gemak te kan aandurf. Klem word geplaas op die handhawing van ‘n gesonde balans tussen akademie, sport, kultuur, geestelike weerbaarheid, sosiale aktiwiteite, gemeenskapsbetrokkenheid en leierskap.

Omdat Hoërskool Pietersburg die enigste Afrikaanse Hoërskool in die Limpopo provinsie is, bied die skool geleentheid aan talle leerders vanuit die plattelandse omgewing, asook verliggende areas om by die skool aan te sluit. Pieties is veral trots op die skool se koshuistradisie, en huisves vanjaar meer as 130 seuns en dogters. Die koshuis bied ouers die gemoedsrus van ‘n afgeronde en beskermde omgewing waar hulle tieners gemaklik kan tuis voel.

Vanuit 'n perspektief van akademiese uitnemendheid lei Hoërskool Pietersburg se omvattende opleidingsbenadering daartoe dat die skool gedurende 2011 weereens verskeie hoogtepunte behaal het. Onder andere is die skool deur die Limpopo LUR vir Onderwys aangewys as die top akademiese skool in die Limpopo-provinsie, asook nommer een onder die top 30 skole wat almal 'n 100% slaagsyfer aangeteken het. Leerders van sowat 900 skole in die provinsie het die eksamen afgelê. Daarby het PHS se top-matrikulant, algeheel tweede in die Limpopo provinsie geëindig. Die verreikende leeromgewing by Pieties word ook gekultiveer en aangemoedig deur geleenthede soos olimpiades, expos, ‘n Winter (Gr12)- en Lenteskool (Gr11).

Behalwe die trots in Oud-Pieties soos die bekende rugbyspelers Victor Matfield en Deon Fourie, die ontslape politieke-analis Van Zyl Slabbert, en kabinetminister, Marthinus van Schalkwyk (om maar net ‘n paar te noem), het die skool ook ongekende sukses behaal gedurende die 2010 se sokkerwêreldrekord, toe 1050 Pieties op een slag en op een veld sokker met 47 balle gespeel het. Verdere televisieblootstelling volg tydens die skool se 90ste verjaardagvieringe in 2011 toe 1370 leerders aan 'n massaskrum deelgeneem het, waarna bykans 500 leerders gelyk 'n rugbybal in die lug geskop het. By Pieties kan leerders aan ‘n verskeidenheid tradisionele Somer- en Wintersportsoorte deelneem, asook ‘n aantal meer uitsonderlike sportsoorte naamlik boogskiet, ruiterkuns, jukskei, luggeweerskiet en muurbal.

Op kultuurvlak geniet leerders blootstelling aan verrykende aktiwiteite, soos die revueproduksie wat al vir 20-jaar op die planke gebring word, onderrig in toneel, redenaars , Engelse debat en nog meer. Leierskap is een van talle voordele waaruit leerders op meriete (Verteenwoordigende Leerder Raad) en op uitnodigingsbasis kan baat. Laasgenoemde behels die Pietie Ambassadeurs vir leerders van Graad 9 tot 12. Verskeie temas word jaarliks hier aangespreek en hulle program behels verder betrokkenheid by onder andere liefdadigheidsprojekte in die skool se omliggende omgewing sowel as buite Polokwane in, asook ‘n besoek aan die Limpopo Premier.

Hoërskool Pietersburg word dus met goeie rede as die toonaangewende skool in die Noorde beskou, want by PHS kry ‘n Pietie se blink toekoms koers.

Virtual Tour:

Tagged In:

Schools

Found this content useful?

Get the best of Private Property's latest news and advice delivered straight to your inbox each week

Related Articles

Dino Park Pre-School – Where We Learn and Play in a Fun Way, All Day
At the heart of the ethos at Dino Park Pre-School is the care and development of children in the community. As such, the school is a hub of educational programmes and activities designed to ensure the development, education, care ...
Abbotts College, Century Gate – Your Future, Our Passion
Offering classrooms with premium facilities, constructed around a beautiful central atrium and recreation area for students, Abbotts College, Century Gate, is a campus with the top modern amenities. Catering for Grades 10 to 12, ...
Grantham Park Primary School – Serve and Strive
Grantham Park Primary School is an English medium, family school in Empangeni along the Kwa-Zulu Natal coastline. As a multi cultural school, Grantham Park has struck a careful balance to ensure that all learners at the school ...
Kiddies Academy Lynnwood – Keystone to Your Child’s Development
At Kiddies Academy in Lynnwood, your child’s early development is of paramount importance.