Laerskool Pretoria-Oos is’n klein multi-kulturele Afrikaanse laerskool in die sentrale ligging van Brooklyn in die akademiese kern van Pretoria, naby die Pretoria Universiteit, Seuns en Meisies Hoër (AFFIES) asook die hoërskool Pretoria Boys and Girls High.
Hierdie skool met ‘n Christelike karakter heg groot waarde aan ‘n hoë vlak van akademiese onderrig vanaf Graad R tot Graad 7, en klasgrootes is as gevolg selde meer as 24 leerders per klas. Deur ‘n strewe na uitnemendheid in ‘n gemaklike leeromgewing waar die kind sentraal staan word geleenthede aan elke leerder gebied om hulle volle potensiaal te bereik.
As een van Pretoria se oudste skole het die Osies ‘n tradisierykegeskiedenis wat so ver as 1928 terugdateer toe die deure met ‘die klein getal van 40 leerders geopen het. Die skool se leerdertal staan tans op ongeveer 400 en leerders ontvang onderrig in ‘n kindervriendelike omgewing waar kaalvoet speel deel vorm van verskeie geleenthede op akademiese, kulturele en sportgebied.
Terwyl anderstalige leerders meer as welkom is bly die skool ‘n voorstander van moedertaalonderrig en is die onderrig medium dus Afrikaans. Leerders op alle akademiese vlakke baat uit klein klasgrootes wat die geleentheid bied aan onderwysers om meer individuele aandag aan leerders te bied. Deur ‘n fokus op tegnologiese gevorderdheid is die skool goed toegerus op verskeie vlakke, met ‘n rekenaar en media sentrum asook digitale projektors en rekenaars in sommige klaskamers asook ‘n nasorg sentrum.
Bo-en-behalwe die skool se gekwalifiseerde onderwys personeel, word professionele opvoedkundiges op vlakke buite klasonderrig aangestel, soos terapeute en sielkundiges, asook vir sport onderrig soos tennis en junior en senior skaak. ‘n Pragtige terrein en verskeie sportvelde en klubhuise bied geleenthede aan elke leerder wat aangemoedig word om so ver moontlik deel te neem aan ‘n wye keuse van sportsoorte soos tennis, swem, krieket, rugby, hokkie, landloop, atletiek, netbal en sagtebal. Osies blink uit op alle sportgebiede, en lewer gereeld verskeie Provinsiale en Springbok atlete in atletiek, en spog selfs met seuns wat al vir die Blou Bulle Cravenweek- Span gekies is.
As gevolg van die skool se gebalanseerde opvoedkundige benadering word prestasie op kulturele vlak net so sterk aangemoedig, en die skool is trots op beide junior en senior kore wat onlangs met goue toekennings by die Afrikaanse Taal en Kultuur Vereniging se Applous Kompetisie weggeloop het. Op die gebied van redenaars is die Osies op verskeie geleenthede as landswye wenners aangewys in die RadikaleRedenaar-Kompetisies. Tydens Eisteddfod lewer die Osies spogprestasies en is al as kategorie-wenners aangewys. Verder word leerders op gereëlde uitstappies en opvoedkundige toere geneem. Leerders word die geleentheid gebied om deel te neem aan entrepreneursdag.
Die skool se allesomvattende opvoedkundige filosofie verseker dat die Graad 7Osies so voldoende as moontlik toegerus is om sodoende hulle hoërskool loopbaan as afgeronde individue te betree. Hoërskole in die sentrale Pretoria-Oos omgewing waarheen Osies na heen kan verhuis sluit in Seuns en Meisies Hoër (AFFIES) asook die hoërskool Pretoria Boys and Girls High.
Virtual Tour: